Skip to main content

Full text of "Die Kommuniste-manifes"

See other formats


Die Kommuniste-Manifes 



deur 



Karl Marx en Friedrich Engels 



Inleiding deur 

LEON TROTSKY 



WERKERSPARTY VAN SUID-AFRIKA 



Van hierdie vertaling word die Kopieregte 
voorhehou deur die Werkersparty 

van Suid-Afrika, 



Oedruk deur Coxvens Printing Works, Kaapstad. 



~"A_ 



INHOUDSUITGAWE. 



Inleiding deur Leon Trotsky . . . . . . . . 3 

Die Kommuniste-Manifes . . . . . . . . 15 

I. Bourgeoisie en Proletariaat . . . . 15 

II. Proletaries en Kommuniste . . . . 27 

III. Sosialistiese en Kommunistiese Literatuur 36 

1. Reaksionere Sosialisme . . . . 36 

(a) Feudale Sosialisme . . . . 36 

(b) Kleinburgerlike Sosialisme . . 38 

(c) Duitse of Ware Sosialisme . . 39 

2. Konserwatiewe of Bourgeois - Sosial- 
isme . . . . . . . . . . 41 

3. Krities-Utopiese Sosialisme en Kom- 
munisme . . . . . . . . . 43 

IV. Verhouding van die Kommuniste tot die 
Verskillende Opposisiepartye . . . . 45 

Byvoegsel. 

Voorwoord tot die Duitse Uitgawe van 1872 47 



Negentig Jaar 
van die Kommuniste-Manifes 

Inleiding tot die Eerste Uitgawe van die Manifes 
in Afrikaans 

Deur LEON TROTSKY 



'n Mens kan dit skaars glo dat die Kommuniste-Manifes 
oor slegs tien jaar reeds sy eeufees vier! Hierdie pamflet, 
waarin groter genie aan die dag gele word as in enige ander 
in die wereld-letterkunde, verbaas ons vandag nog deur sy 
frisheid. Die belangrikste dele daarin skyn gister geskrywe 
te wees. Voorwaar, die jong opstellers (Marx was 29, 
Engels 27) was in staat om verder die toekoms in te sien as 
enigiemand voor hulle, en miskien enigiemand na hulle. 

Reeds in hul gesamentlike inleiding tot die uitgawe van 
1872 het Marx verklaar dat ten spyte daarvan dat sekere 
ondergeskikte dele van die Manifes verouderd geraak het, 
hulle gevoel het dat hulle nie meer die reg gehad het om 
verandering in die oorspronklike teks aan te bring nie, 
omdat die Manifes in die 25 jaar wat intussen verloop het, 
reeds 'n historiese dokument geword het. Sedert die tyd 
het nog vyf-en-sestig jaar verloop. Geisoleerde passate in 
die Manifes het meer en meer deel van die verlede geword. 
Ons sal in hierdie inleiding 'n poging aanwend om op 
beknopte wyse aan te dui watter begrippe in die Manifes 
vandag nog hul voile krag behou, asook die wat belangrike 
verandering of aanvulling nodig het. 

1. Die materialistiese geskiedenis-opvatting, wat kort 
tevore eers deur Marx ontdek en op meesterlike wyse in 
sy Manifes ingelyf is, het met volslae sukses die toets 
van gebeurtenisse en die aanvalle van vyandige kritiek 
weerstaan. Dit maak vandag een van die waardevolste 
werktuie van die mens se denke uit. Alle ander uit- 
leggings van die gang van die geskiedenis het alle 
wetenskaplike betekenis verloor. Ons kan met sekerheid 
verklaar dat dit in ons tyd onmoontlik is nie alleen om 



'n strydende rewolusionere te wees nie, maar selfs om 'n 
intelligente waarnemer van die politiek te wees sonder 
om die materialistiese geskiedenis-opvatting aan te neem. 

2. Die eerste hoofstuk van die Manifes het die vol- 
gende aanhef : „ Die geskiedenis van alle maatskaplike 
lewe wat tot dusver bestaan het, is 'n geskiedenis van 
klassestryd! Hierdie stelling, die allerbelangrikste ge- 
volgtrekking wat uit die materialistiese geskiedenis- 
opvatting gemaak is, het onmiddellik 'n strydpunt in die 
klassestryd geword. Bitter venynige aanvalle is deur 
reaksionere huigelaars, liberale leerstellers en idealistiese 
demokrate gerig teen die teorie wat die stryd tussen 
stoflike belange as die dryfkrag in die plek gestel het 
van die van „ onderlinge welsyn," „ volkseenheid " en 
„ ewigdurende sedelike waarhede ". Later het daar by 
hulle aangesluit vrywilligers vanuit die geledere van die 
arbeiderbeweging self, die sogenoemde revisioniste, dit 
is, die voorstanders van die revisie (hersiening) van die 
Marxisme in die lig van klassesamewerking en klasse- 
konsiliasie. Uiteindelik het daar in ons tyd die veragte- 
like epigone van die Internasionale Kommuniste-party 
(die „ Staliniste ") in praktyk dieselfde weg opgegaan; 
die beleid van die sogenaamde ,, Volksfront " vloei in sy 
geheel voort uit die ontkenning van die wette van die 
klassestryd. Intussen is dit juis die tydvak van die 
imperialisme, wat alle maatskaplike teenstellings tot die 
hoogste punt van spanning voer, wat aan die Kom- 
muniste- Manifes sy grootste teoretiese triomf besorg. 

3. Die ontleding van kapitalisme, as 'n spesifieke 
stadium in die ekonomiese ontwikkeling van die maat- 
skappy, is in sy volledige vorm deur Marx in Das Kapital 
(1867) uiteengesit. Maar reeds in die Kommuniste- 
Manifes word die hooftrekke van die toekomstige 
ontleding duidelik omlyn : die besoldiging vir arbeidskrag 
as gelykstaande met die koste van die produksie daarvan ; 
die toeeiening van surplus-waarde deur die kapitaliste ; 
wedywer as die grondslag van alle maatskaplike ver- 
houdings ; die vernietiging van tussen-klasse, d.i. die 
stedelike klein-bourgeoisie en die kleinboerebevolking ; 
die sametrekking van rykdom in die hande van 'n steeds 
kleiner wordende getal eiendomsbesitters aan die een 
pool en die aansienlike groei van die proletariaat aan die 



ander ; die voorbereiding van die ekonomiese en politieke 
toestande wat die sosialistiese bewind voorafgaan. 

4. Die stelling in die Manifes aangaande die neiging 
van die kapitalisme om die lewenstandaarde van die 
werkers te verlaag en selfs om hulle tot die uiterste 
armoede at te druk, is hewig aangeval. Predikante, 
professore, ministers, joernaliste, sosiaal-demokratiese 
teoretici en vakunieleiers het hulle gestel aan die voor- 
hoede van die teenstanders van die sogenaamde „ teorie 
van verarming." Hulle het gedurig tekens van toe- 
nemende voorspoed onder die werkers weet te bespeur, 
terwyl hulle die arbeider-aristokrasie voorgehou het asof 
dit die proletariaat is, of 'n verbygaande neiging as van 
blywende aard aangesien het. Intussen het egter selfs 
die ontwikkeling van die magtigste kapitalisme van die 
wereld, naamlik die van die Verenigde State van Amerika, 
miljoene arbeiders omskep in verarmdes, wat aan die 
lewe gehou word deur federate, munisipale of private 
liefdadigheid. 

5. Teenoor die Manifes, wat handels- en nywerheids- 
krisisse as 'n reeks steeds meer omvangryke op mekaar 
volgende rampe voorgestel het, het die revisioniste 
volgehou dat die nasionale en internasionale ontwikkeling 
van trusts 'n beheer oor die mark sou verseker en 
geleidelik tot die afskaffing van krisisse sou lei. Die slot 
van die vorige eeu en die begin van die huidige is 
inderdaad gekenmerk deur 'n ontwikkeling van kapital- 
isme wat so onstuimig was dat dit krisisse as slegs 
,, toevallige " stremmings laat voorkom het. Maar hierdie 
tydvak is onherroepelik verbygegaan. In sy kern het die 
waarheid in hierdie vraagstuk, soos in die ander, geblyk 
aan die kant van Marx te staan. 

6. „ Die uitvoerende liggaam van die moderne staat is 
niks meer nie as 'n komitee vir die behartiging van die 
gemeenskaplike sake van die hele bourgeoisie." Hierdie 
bondige formule, waarop die leiers van die sosiale 
demokrasie neergesien het as 'n joernalistieke paradoks, 
bevat inderdaad die enigste wetenskaplike teorie ten 
opsigte van die staat. Die demokrasie wat deur die 
bourgeoisie geskep is, is nie, soos sowel Bernstein as 
Kautsky gemeen het, 'n lee sak wat 'n mens maar sonder 
hinder met enige klasse-inhoud kan vul nie. Bourgeois- 
demokrasie kan alleen die bourgeoisie dien. 'n Regering 



van die „Volksfront," onverskillig of Blum of Chautemps, 
Caballero of Negrin aan die hoof daarvan staan, is slegs 
,, 'n komitee vir die behartiging van die gemeenskaplike 
belange van die hele bourgeoisie ". Wanneer hierdie 
„ komitee " sake sleg bestuur, skop die bourgeoisie horn 
eenvoudig uit. 

7. „ Elke klassestryd is 'n politieke stryd." „ Die 
organisasie van die proletariaat tot 'n klas (is) derhalwe 
sy organisasie tot 'n politieke party/' Lede van vakunies 
aan die een kant, en anargo-sindikaliste aan die ander 
kant het al lankal — soos hulle reeds nou weer doen — 
'n begrip van hierdie historiese wette probeer ontduik. 
Die stelsel van „ suiwere " vakunies het pas 'n ver- 
pletterende slag ontvang in sy vernaamste toevlugsoord, 
die Verenigde State. Anargo-sindikalisme het 'n on- 
herstelbare nederlaag gely in sy sterkste vesting, Spanje. 
Ook hier het geblyk dat die Manifes gelyk gehad het. 

8. Die proletariaat kan nie die mag verower binne die 
geregtelike raamwerk wat deur die bourgeoisie opgerig 
is nie. „ Kommuniste verklaar openlik dat hulle hul doel 
alleen kan bereik deur die geweldadige omverwerping 
van alle bestaande maatskaplike toestande." Die re- 
formisme het hierdie stelling van die Manifes probeer 
verklaar op grond van die onrypheid van die beweging 
en die ontoereikende ontwikkeling van die demokrasie 
in die tyd. Die lot van Italiaanse, Duitse en 'n groot 
aantal ander „ demokrasiee " bewys dat ,, onrypheid " 
juis die kenmerkende eienskap van die idees van die 
reformiste self is. 

9. Vir die sosialistiese omvorming van die maatskappy 
moet die arbeiderklas alle sodanige mag in sy hande 
konsentreer wat elke politieke hindernis, wat die weg tot 
die nuwe stelsel versper, sal kan vernietig. „ Die pro- 
letariaat georganiseer as die heersende klas "... 
dit is die diktatorskap. Terselfdertyd is dit die enigste 
proletariese demokrasie. Sy omvang en diepte hang af 
van die konkrete historiese omstandighede. Hoe groter 
die getal state wat die weg van die sosialistiese rewolusie 
inslaan, hoe vryer en meer buigsaam sal die vorms wees 
wat die diktatorskap sal aanneem, en hoe breer en meer 
verreikend sal die arbeiders se demokrasie wees. 

10. Die internasionale ontwikkeling van kapitalisme het 

6 



vooraf die internasionale 'karakter van die proletariese 
rewolusie bepaal. „ Gesamentlike optrede, van die 
vooraanstaande beskaafde volke ten minste, is een van 
die eerste voorwaardes vir die vrywording van die 
proletariaat." Die verdere ontwikkeling van kapitalisme 
het alle afdelings van ons planeet, „ beskaafde " sowel as 
„ onbeskaafde ", so nou met mekaar verbind dat die 
vraagstuk van die sosialistiese rewolusie geheel en al en 
foeslis van wereldomvang geword het. Die Sowjet- 
bureaukrasie het die Manifes probeer likwideer ten 
opsigte van hierdie fundamentele vraag. Die Bona- 
partistiese ontaarding van die Sowjetstaat is 'n oor- 
weldigende voorbeeld van hoe vals die teorie van 
.sosialisme in cen land is. 

11. „ As in die loop van die ontwikkeling klasse- 
onderskeid verdwyn het, en alle produksie in die hande 
van 'n reusagtige vereniging van die hele volk 
•gekonsentreer is, dan sal die openbare mag sy politieke 
karakter verloor het." Met ander woorde: die staat 
krimp weg. Die maatskappy bly staan, bevry van sy 
dwangbuis. Daarin bestaan sosialisme. Die omgekeerde 
stelling: die reusagtige toename van staatsdwang in die 
U.S.S.R. is 'n veelseggende bewys dat die maatskappy 
besig is om horn van die sosialisme af weg te beweeg. 

12. „ Die arbeiderklas het geen vaderland nie." Hierdie 
woorde van die Manifes is meer as eenmaal al deur 
Blistyne uitgemaak vir die slimpraatjie van ophitsers. 
Inderdaad het hierdie woorde die proletariaat egter voor- 
sien van die enigste denkbare rigsnoer in die vraagstuk 
van die kapitalistiese ,, vaderland." Die veronagsaming 
van hierdie rigsnoer deur die Tweede Internasionale het 
nie alleen vier jaar van verwoesting in Europa teweeg- 
gebring nie maar ook die huidige stagnasie in die 
wereldbeskawing veroorsaak. Met die oog op die voor 
die deur staande nuwe oorlog, waarvoor die verraad van 
die Derde Internasionale die weg voorberei het, bly die 
Manifes selfs nou nog die betroubaarste raadgewer in 
die saak van die kapitalistiese „ vaderland ". 



So sien ons dus dat die gesamentlike en betreklik beknopte 
voortbrengsel van twee jong skrywers nog voortgaan om 
'n onvervangbare rigsnoer te gee in die mees belangrike 



en brandende vraagstukke in verband met die stryd om vry- 
wording. Watter ander boek kan selfs verlangs in hierdie 
opsig vergelyk word by die Kommuniste-Manifest Maar 
dit se nog nie dat dit na negentig jaar van ongeewenaarde 
ontwikkeling van die produksie-magte en geweldige 
maatskaplike stryd nie nodig is om tot die Manifes by te 
voeg of daar verbeterings in aan te bring nie. Programme 
eh voorspellings word op die proef gestel en gewysig in 
die lig van die ondervinding, wat die hoogste maatstaf is 
waaraan die mens sy denke kan toets. Ook die Manifes 
het behoefte aan verbeterings en aanvullings. Soos die 
ondervinding van die geskiedenis egter self bewys, kan 
hierdie verbeterings en aanvullings alleen met sukses geskied 
as hulle uitgevoer word volgens die metode wat deur die 
wese van die Manifes self vasgele is. Ons sal probeer om 
dit in verskeie van die belangrikste gevalle aan te dui. 

1. Marx het ons geleer dat geen maatskaplike stelsel 
uit die stryperk van die geskiedenis verdwyn voordat 
hy sy skeppende moontlikhede geheel en al uitgeput het 
nie. Die Manifes kasty die kapitalisme op grond dat 
dit die ontwikkeling van die produksie-kragte vertraag* 
Gedurende hierdie tydperk egter, sowel as in die daarop- 
volgende dekades, was hierdie vertraging slegs relatief 
van aard. As dit in die tweede helfte van die XlXde 
eeu moontlik gewees het om die ekonomie op sosialistiese 
grondslag te organiseer, dan sou sy groei onmeetlik vin- 
niger gewees het. Maar hierdie teoreties onweerlegbare 
stelling neem nie die feit weg dat die produksie-kragte tot 
op die tyd van die Wereldoorlog voortgegaan het om op 
'n wereldskaal uit te brei nie. Dit is slegs in die afgelope 
twintig jaar dat, ten spyte van die mees moderne vor- 
dering van die wetenskap en die tegnologie, die tydperk 
van algehele stagnasie en selfs agteruitgang van die 
wereld-ekonomie begin het. Die mensdom het begin om 
sy opgehoopte kapitaal uit te gee, terwyl die volgende 
oorlog dreig om selfs die fondament van die beskawing 
vir baie jare te vernietig. Die skrywers van die Manifes 
het gemeen dat die kapitalisme van die baan geskuiwe 
sou word lank voor die tyd dat dit van 'n betreklik 
reaksionere regime sou verander geword het tot 'n 
volkome reaksionere regime. 

Hierdie vormverandering het eers voor die oe van 
die huidige geslag plaasgevind en ons tydvak omskep in 
'n tydvak van oorloe, rewolusies en fascisme. 

8 



2. Die fout wat Marx en Engels gemaak het ten opsigte 
van die historiese datums het voortgevloei, aan die een 
leant, uit 'n geringskatting van die toekomstige moontlik- 
hede wat daar in die kapitalisme geskuil het, en, aan die 
ander kant, uit n te hoe skatting van die rewolusiohere 
rypheid van die proletariaat. Die rewolusie van 1848 
het nie oorgegaan tot 'n sosialistiese rewolusie soos die 
Manifes gereken het nie, maar het vir Duitsland die 
moontlikheid vir 'n reusagtige toekomstige kapitalistiese 
ontwikkeling aangedui. Die Parysse Kommune het 
bewys dat die proletariaat, sonder 'n beproefde rewolu- 
sionere party aan sy hoof, nie die mag uit die hande 
van die bourgeoisie kan ruk nie. Intussen het die 
langdurige tydperk van kapitalistiese voorspoed wat 
daarop gevolg het, nie die opleiding van die rewolusionere 
voorhoede meegebring nie maar eerder die bourgeois- 
ontaarding van die arbeideraristokrasie, wat op sy beurt 
weer die vernaamste blok aan die been van die prole- 
tariese rewolusie geword het. Uit die aard van die 
saak kon die skrywers van die Manifes nie moontlik 
hierdie ,, dialektiek " voorsien het nie. 

3. Vir die Manifes was kapitalisme . . . die konink- 
ryk van vrye wedywering. Terwyl dit verwys het na 
die toenemende konsentrasie van kapitaal, het die 
Manifes nie die nodige gevolgtrekking gemaak aangaande 
die monopolie-stelsel nie, wat die oorheersende vorm 
is wat die kapitalisme in ons tydvak aanneem en die 
belangrikste voorafgaande voorwaarde vir 'n sosialistiese 
ekonomie is. 

Slegs later, in Das Kapital, het Marx die neiging 
van vrye wedywering om oor te slaan na monopolie 
vasgestel. Dit was Lenin wat 'ri wetenskaplike omskry- 
wing van monopolie-kapitalisme in sy Imperialisme 
gegee het. 

4. Waar hulle hul waarnemings hoofsaaklik op die 
voorbeeld van die „ industriele rewolusie " van Engeland 
gegrond het, het die skrywers van die Manifes 'n algeheel 
te eensydige voorstelling van die proses van ontbinding 
van die tussen-klasse voorgehou as 'n proletarisasie op 
groot skaal van handwerkers, kleinhandelaars en klein- 
boere. 



Inderdaad het die oermagte van wedywering nog 
lank nie hierdie progressiewe en gelyktydig barbaarse 
werk voltooi nie. Kapitalisme het die klein-bourgeoisie 
baie vinniger vernietig as wat dit horn geproletariseer 
het. Buitendien het die bourgeois-staat lank reeds sy 
beleid bewustelik gestuur in die rigting van die kuns- 
matige instandhouding van die kleinburgerlike stande. 
Aan die teenoorgestelde kant is die ontwikkeling van 
die tegnologie en die rasionalisasie van die grootskaal- 
nywerheid besig om kroniese werkloosheid te skep en die 
proletarisasie van die klein-bourgeoisie teen te gaan. 
Gelyktydig hiermee het die ontwikkeling van die kapita- 
lisme tot die hoogste mate die styging in die reusagtige 
getalle tegnici, bestuurders, kommersiele werknemers, in 
kort die sogenoemde „ nuwe middestand ", versnel. Die 
gevolg hiervan is dat die tussen-klasse, van wie die 
Manifes so beslis werklaar dat hulle sou verdwyn, selfs 
in so 'n hoogs geindustrialiseerde land as Duitsland 
omtrent die helfte van die bevolking uitmaak. Die 
kunsmatige instandhouding van die verouderde klein- 
bourgeoisiestand versag egter hoegenaamd nie die 
maatskaplike teenstrydighede nie, maar maak hulle 
•eerder soveel meer verderflik, en daarin, tesame met die 
permanente leer van werkloses, bestaan die gruwelikste 
vorm wat die verval van die kapitalisme aanneem. 

5. Bedoel vir 'n rewolusionere tydvak, bevat die 
Manifes (aan die end van Hoofstuk 11) tien eise, wat 
betrekking het op die tydvak van regstreekse oorgang 
van kapitalisme tot sosialisme. In hul inleiding in 1872 
het Marx en Engels reeds verklaar dat hierdie eise deels 
yerouderd geraak het en in alle geval van bykomende 
belang was. Die reformiste het hierdie verklaring uitgele 
asof dit sou aandui dat verbygaande rewolusionere eise 
vir altyd hul plek afgestaan het aan die sosiaal- 
demokratiese „ minimum-program ", wat, soos bekend is, 
nie die perke van bourgeoisie-demokrasie te buite gaan 
nie. Inderdaad het die skrywers van die Manifes 
heeltemal duidelik die belangrikste verbetering op hul 
oorgangsprogram aangedui, naamlik : „die arbeidende 
klas kan nie eenvoudig die klaargemaakte staatsmasjinerie 
oorneem en dit vir sy eie doeleindes aanwend nie ". Met 
ander woorde, die verbetering is gerig teen die fetisjisme 
van die bourgeoisie-demokrasie. Marx het later die staat 
volgens die tipe van die Kommune teenoor die kapitalis- 

10 



tiese staat gestel. Hierdie „ tipe " het naderhand die 
soveel duideliker vorm van die Sow jets aangeneem. Daar 
kan vandag geen rewolusionere program bestaau sonder 
Sowjets en sonder beheer deur die werkers nie. Origens 
het die tien eise van die Manifes, wat in 'n tyd van 
vreedsame parlementere bedrywigheid as „ verouderd " 
voorgekom het, vandag weer van voile krag geword. Die 
sosiaal-demokratiese „ minimum-program " het aan die 
ander kant hopeloos verouderd geraak. 

6. Waar hy sy verwagting grond op die feit dat „ die 
Duitse bourgeois-rewolusie slegs die voorloper sal wees 
van 'n onmiddellik daaropvolgende proletariese rewolusie, 
haal die Manifes die veel meer gevorderde toestande van 
Europese beskawing aan, vergeleke by die wat in Enge- 
land in die 17de eeu en in Frankryk in die 18de eeu 
bestaan het, asook die veel groter ontwikkeling van die 
proletariaat. Die fout in hierdie voorspelling het nie 
slegs in die datum bestaan nie. Die rewolusie van 1848 
het binne 'n paar maande getoon dat juis onder meer 
gevorderde toestande nie een van die bourgeois-klasse 
in staat is om die rewolusie tot voltooiing te bring nie; 
die groot- en midde-bourgeoisie is te nou verbind met die 
grondbesitters en te veel geknel deur vrees vir die massa ; 
die klein-bourgeoisie is veels te veel verdeeld en in sy 
hoer lae te veel afhanklik van die groot-bourgeoisie. 
Soos blyk uit die hele daaropvolgende ontwikkeling in 
Europa en-Asie, kan die bourgeois-rewolusie, op sigself 
genome, in die algemeen nie meer verwesenlik word nie. 
'n Volkome reiniging van die maatskappy van ou feudale 
afval is alleen moontlik op voorwaarde dat die prole- 
tariaat, bevry van die invloed van die bourgeoisie-partye, 
sy plek kan inneem aan die hoof van die kleinboerestand 
en sy rewolusionere diktatorskap bevestig. Op hierdie; 
wyse word die bourgeois-rewolusie ineengevleg met die 
eerste stadium van die sosialistiese rewolusie, om daarop 
dan in laasgenoemde opgelos te word. Die nasionale 
rewolusie word hierdeur 'n skakel van die wereld- 
rewolusie. Die herskepping van die ekonomiese fonda- 
ment en van alle maatskaplike verhoudings neem dan 'n 
permanente (ononderbroke) aard aan. 

Vir die rewolusionere partye in agterlike lande in 
Asie, Latyns Amerika en Afrika is 'n duidelike begrip 
van die organiese verband tussen die demokratiese 

11 



rewolusie en die diktatorskap van die proletariaat — en 
daardeur die internasionale sosialistiese rewolusie — 'n 
saak van lewe en dood. 

7. Terwyl hy aantoon hoe die kapitalisme agterlike en 
barbaarse lande in sy draaikolk intrek, word daar nerens 
in die Manifes verwys na die stryd om onafhanklikheid 
deur koloniale en half-koloniale lande nie. In soverre 
Marx en Engels die sosiale rewolusie „ altans in die 
vernaamste beskaafde lande " beskou het as 'n saak wat 
binne die volgende paar jaar afgehandel sou word, was 
die koloniale vraagstuk vir hulle outomaties opgelos, nie 
as gevolg van die onafhanklike optrede van die onder- 
drukte volkere nie, maar as gevolg van die oorwinning 
van die proletariaat in die hoofstedelike sentrums van 
kapitalisme. Derhalwe word die vraagstukke van 
rewolusionere strydbeleid in koloniale en half-koloniale 
lande in die geheel nie deur die Manifes aangeroer nie. 
Tog vereis hierdie vraagstukke 'n onafhanklike oplossing. 
Dit is byvoorbeeld heeltemal vanselfsprekend duidelik 
dat terwyl die „ nasionale vaderland " die verderfiikste 
historiese rem in gevorderde kapitalistiese lande geword 
het, dit nog *n betreklik progressiewe faktor bly in 
agterlike lande, wat gedwing word om te worstel om 'n 
onafhanklike bestaan. 

„ Die Kommuniste ", so verklaar die Manifes, 
,,ondersteun oral alle rewolusionere bewegings wat gekant 
is teen die bestaande maatskaplike en politieke orde ". 
Die beweging van die gekleurde rasse teen hul imperia- 
listiese onderdrukkers is een van die magtigste en 
belangrikste bewegings teen die bestaande orde, en maak 
derhalwe aanspraak op die voile, onvoorwaardelike en 
onbeperkte ondersteuning van die proletariaat van die 
blanke ras. Die eer vir die ontwikkeling van die 
rewolusionere strydbeleid ten opsigte van die onderdrukte 
volkere kom in die eerste plek toe aan Lenin. 

8. Die mees verouderde gedeelte van die Manifes — 
nie wat metode betref nie maar waar dit die inhoud geld 
— is die kritiek op die ,, sosialistiese letterkunde " van die 
eerste gedeelte van die 19de eeu (Hoofstuk III) en die 
ontleding van die posisie van die Kommuniste met 
betrekking tot die verskillende opposisie-partye (Hoofstuk 
IV). Die bewegings en partye wat in die Manifes 
aangeteken word, is so drasties van die baan geskuiwe, 

12 



of deur die rewolusie van 1848, of deur die daarop- 
volgende teenrewolusie, dat 'n mens selfs hul name in 
'n historiese woordeboek moet naslaan. Ook in hierdie 
a f deling staan die Manifes moontlik nou nader aan ons 
as wat dit die geval met die vorige geslag was. In die 
tydvak van die bloei van die Tweede Internasionale, toe 
Marxisme skynbaar onverdeelde heerskappy gevoer het, 
Ikon jy aanneem dat die idees van die voor-Marxistiese 
rsosialisme beslis in die verlede verdwyn het. Vandag 
staan sake anders. Die ontbinding van die sosiale 
demokrasie en die Komintern bring met elke stap 
geweldige ideologiese terugwykinge te voorskyn. Seniele 
denke het blykbaar infantiel geword. Op soek na alles- 
reddende formules ontdek die pro fete van die tydvak 
van verval opnuut leerstellings wat lank reeds deur 
die wetenskaplike sosialisme begrawe is. 

Wat betref die vraagstuk van opposisie-partye is dit op 
hierdie gebied dat die eise van die tyd die mees ingry- 
pende verandering aangebring het, nie alleen in die sin 
dat die on partye lank reeds deur nuwes weggestoot is 
nie, maar ook in die sin dat die wesenlike karakter van 
partye en hul onderlinge verhoudings in die omstandig- 
hede van die imperialistiese tydvak radikaal verander het. 
Derhalwe moet die Manifes aangevul word deur die mees 
belangrike dokumente van die eerste vier kongresse van 
die Kommuniste-Internasionale, die essensiele letterkunde 
van die Bolsjewisme en die besluite geneem op die Kon- 
ferensie van die Vierdie Internasionale. 



Ons het reeds gemeld dat volgens Marx geen 
maatskaplike orde van die toneel verdwyn voor hy 
al die moontlikhede wat in horn skuil, uitgeput het 
nie. Sells 'n verouderde maatskaplike orde laat horn 
egter nie sonder stryd deur 'n nuwe orde vervang 
nie. 'n Verandering in die maatskaplike regime ver- 
onderstel vooraf die geweldigste vorm van klassestryd, 
naamlik rewolusie. As die proletariaat om een of 
ander rede nie in staat is om die verouderde bour- 
geois-orde met een gewaagde slag omver te werp nie, dan 
lean die grootkapitaal in sy worsteling om sy onvaste beheer 

13 



te behou, niks anders doen nie as om die klein-bourgeoisie, 
wat deur horn vernietig en gedemoraliseer is, in 'n pogrom- 
leer van die fascisme te omskep nie. Die bourgeois- 
ontaarding van die sosiaal-demokrasie en die f ascistiese 
ontaarding van die klein-bourgeoisie is inmekaar geskakel 
as oorsaak en gevolg. 

Op die oomblik doen die Derde Internasionale op 'n 
baie meer verregaande manier as die Tweede die werk 
om in alle lande die werkers te bedrieg en te demoraliseer. 
Deur die voorhoede van die Spaanse proletariaat te 
vermoor, berei die onbeteuelde huurlinge van Moskou nie 
alleen die weg voor vir fascisme nie maar sit hulle 'n 
groot deel van sy bedrywighede aan die gang. Die 
uitgerekte krisis van die internasionale rewolusi'e, wat al 
hoe meer 'n krisis van die menslike kultuur word, is in sy 
wese die krisis in rewolusionere leierskap. 

As erfgenaam van die groot tradisie, waarmee die 
Kommuniste-Manifes die waardevolste skakel vorm, skep 
die Vierde Internasionale die nuwe raamwerk vir die 
oplossing van ou vraagstukke. Teorie is veralgemeende 
werklikheid. In 'n eerlike houding teenoor rewolusionere 
teorie vind die hartstogtelike drang tot die herskepping van 
die maatskaplike orde uiting. Die feit dat in die suidhoek 
van die Donker Vasteland ons geestesgenote die eerstes is 
wat die Manifes in Afrikaans oorsit, is nog 'n aanskou- 
like bewys van die feit dat die Marxistiese idee vandag 
alleen nog onder die vaandel van die Vierde Internasionale 
voortbestaan. Die toekoms behoort aan horn. Wanneer 
die eeufees van die Kommuniste-Manifes gevier word, dan 
sal die Vierde Internasionale die beslissende rewolusionere 
mag op ons planeet geword het. 

30 Oktober 1937. 

Coyoacan, Meksiko. 



14 



DIE KOMMUNISTE-MANIFES. 

'n Skrikgedaante loop in Europa rond — die spook van 
die Kommunisme. Al die magte van die ou Europa het 
hulle in 'n heilige verbond verenig om die spook te besweer : 
•die Paus en die Tsaar, Metternich en Guizot, Franse 
radikale en Duitse polisiespioene. 

Watter opposisieparty is nie deur sy regerende 
teenstanders vir Kommunisties uitgeskel nie, en watter 
opposisieparty het die skandelike verwyt van Kommunisme 
teen die nog verder gaande opposisie sowel as sy reaksionere 
teenstanders nie teruggeslinger nie? 

Uit hierdie f eit is twee gevolgtrekkings te maak : — 

1. Die Kommunisme word alreeds deur al die Europese 
magte self as 'n mag erken. 

2. Dit is hoog tyd dat die Kommuniste hulle opvattings, 
hulle bedoelings, hulle rigting aan die hele wereld blootle 
en in die plek van die sprokie van die Kommunistiese spook 
'n manifes stel van die party self. 

Vir die doel het Kommuniste van verskillende lande en 
nasionaliteite in Londen byeengekom en die volgende 
Manifes opgetrek wat in die Engelse, Franse, Duitse, 
Italiaanse, Vlaamse en Deense tale uitgegee sal *«/ord. 

BOURGEOISIE EN PROLETARIAT.^ 

Die geskiedenis van alle maatskaplike lewe wat tot 
•dusver bestaan het, (2) is 'n geskiedenis van klassestryd. 

Vryburger en slaaf, patrisier en plebejer, baron en 
lyfeiene, gildemeester (3) en vakman, met een woord, onder- 

(i) Deur die bourgeoisie word bedoel die klas van moclerne kapitalistc, 
•eiehaars van die middele tot maatskaplike produksie en werkgewers aan 
loonarbeiders. Deur proletariaat word bedoel die klas van moderne loon- 
.arbeiders wat, deurdat hulle geen middele tot produksie van hul eie besit nie, 
genoodsaak word om hul arbeidskrag te verkoop om 'n bestaan te maak. , 

(2) Dit beteken alle geskrewe geskiedenis. In 1847 was die voor-geskiedenis 
van die maatskappy, die maatskaplike organisasie wat bestaan het voor die 
tyd van die geskrewe geskiedenis, feitlik geheel en al onbekend. Sedert die 
tyd het Haxthausen (August von 1792- 1866) die bestaan van gemeenskaplike 
grondbesit in Rusland ontdek, Maurer (George Ludwig von) het bewys dat 
•dit die maatskaplike fondament was waarop alle Teutoniese rasse in die 
geskiedenis hul aanvang gehad het, en met verloop van tyd is dit vasgestel 
•dat dorpsgemeenskappe die primitiewe vorm van maatskaplike lewe van Indie 
tot Ierland was of eertyds gewees het. Die inwendige organisasie van hierdie 
primitiewe kommunistiese gemeenskap is blootgele, in sy tipiese vorm, deur 
Morgan (Henry 1819-1881) se bevestigende ontdekking van die ware aard 
van die gens en sy verhouding tot die statu. Met die ontbinding van hierdie 
oertydse gemeenskappe begin die maatskappy opbreek in onderskeie' en aparte 
■en uiteindelik vyandige klasse. Ek het probeer om hierdie proses van ont- 
binding na te gaan en vas te stel in Der Ur sprung der Familie, des Private- 
igenthums und des Staats, 2de uitgawe, Stuttgart, 1886 {Die Oorsprong van 
die Familie, Private Eiendom en die Staat). 

(3) Gilde-meester, dit beteken 'n volledige lid van 'n gilde, *n meester 
ibinne en nie 'n hoof oor 'n gilde nie. 

15 



drukkers en onderdruktes was gedurig teen mekaar gekant, 
het 'n onafgebroke soms verborge, dan weer openlike stryd 
gevoer, 'n stryd wat altyd uitgeloop het of op 'n rewolusio- 
nere rekonstruksie van die hele maatskappy,. of op die 
gesamentlike ondergang van die strydende kksse. 

In die vroeere tydperke van die geskiedenis vind ons 
byna oral 'n ingewikkelde indeling van die maatskappy in 
verskillende stande, 'n menigvuldige nraatskaplike rang- 
skikking. In ou Rome kry ons patrisieirs, ridders, plebejers 
en slawe; in die Middeleeue leenhere, leenmanne, gilde- 
meesters, vakmanne, lyfeienes, en in byna elkeen van die 
klasse weer ondergeskikte klasse. 

Die moderne bourgeois-maatskappy, wat uit die onder- 
gang van die feudale maatskappy gespruit het, het die 
klasseteenstrydighede nie verwyder nie. Dit het slegs nuwe 
klasse, nuwe vorme van onderdrukking, nuwe vorme van 
die stryd in die plek van die oues gestell 

Ons tydvak, egter, die tydvak van die bourgeoisie, word 
van ander tydvakke hierdeur onderskei: dit het die 
klasseteenstrydighede vereenvoudig. Die hele maatskappy 
is meer en meer aan skeur in twee groot vyandige kampe, 
in twee groot klasse wat regstreeks teenoor mekaar staan 
— bourgeoisie en proletariaat. 

Uit die slawe van die Middeleeue het die vryburgers 
van die oudste stede ontstaan; uit die vryburgers het die 
eerste elemente van die bourgeoisie ontwikkel. 

Die ontdekking van Amerika, die omseiling van Afrrka 
het vir die opkomende bourgeoisie r n nuwe gebied oop- 
gestel. Die Oos-Indiese en Chinese mark, die kolonisasie 
van Amerika, die handel met die kolonies, die vermeedering 
van ruilmiddels en van koopware in die algemeen het die 
handel, die skeepvaart en die Industrie laat uitbrei soos 
nooit tevore nie en daardeur die rewolusionere element In 
die vervallende feudale maatskappy tot 'n snelle ont- 
wikkeling gebring. 

Die feudale industriele stelsel, waarin industriele 
produksie deur gildes gemonopoliseer is, kon nie meer in 
die behoeftes van die toenemende markte voorsien nie. 
Die handfabriekstelsel het in die plek daarvan outstaan. 
Die gildemeesters is deur die industriele middelstand 
verdring; die verdeling van die arbeid onder die verskil- 
lende gildes of korporasies Is; vervang deur die arbeids- 
verdeling in die afsonderlike werkplekke self. 

16 



Intussen het die markte steeds toegeneem, die aanvraag 
steeds gestyg. Selfs die handfabriekstelsel was me meer 
voldoende nie. Daarop het stoom en masjinerie in die 
industriele produksie 'n omwenteling teweeggebring. In 
plaas van die handfabriekstelsel het die reus, die moderne 
Industrie, gekom, in plaas van die industriele middelstand, 
•die industriele leers, die moderne bourgeoisie. 

Die moderne Industrie het die wereldmark in die lewe 
geroep, waarvoor die ontdekking van Amerika die weg 
voorberei het. Die wereldmark het die reusagtige uit- 
breiding van die handel, die skeepvaart, die verkeer op 
land teweeggebring. Dit het weer die uitbreiding van die 
Industrie bevorder, en met die uitbreiding van nywerheid, 
handel, skeepvaart, spoorwee het die bourgeoisie in gelyke 
mate ontwikkel, sy kapitaal vermeerder en al die klasse wat 
uit die Middeleeue afkomstig was op die agtergrond 
verdring. 

Ons sien dus hoe die moderne bourgeoisie self die 
voortbrengsel is van 'n landurige ontwikkeling, van 'n 
reeks omwentelinge in produksie- en verkeerswyse. 

Elke stap in die wordingsproses van die bourgeoisie het 
gepaard gegaan met 'n ooreenkomstige politieke vooruitgang 
van die klas. Waar dit eers 'n verdrukte stand onder die 
heerskappy van die leenhere was, het dit geword 'n 
gewapende en selfstandige vereniging in die middeleeuse 
kommune ; (4) hier 'n onafhanklike stedelike republiek, daar 
'n belasbare „ derde stand" van die koriingsregering ; 
naderhand, in die tydperk van die handfabriek, 'n teenwig 
vir die adel in die of beperkte of onbeperkte monargie, 
en inderwaarheid die vernaamste van al die groot 
monargiee — so het die bourgeoisie uiteindelik, sedert die 
stigting van die moderne industrie en die wereldmark, in 
die moderne verteenwoordigende staat die uitsluitende 
politieke heerskappy verower. Die uitvoerende liggaam 
van die moderne staat is niks meer nie as 'n komitee vir 
die behartiging van die gemeenskaplike sake van die hele 
bourgeoisie. 

Die bourgeoisie het in die geskiedenis 'n hoogs rewolu- 
sionere rol vervul. 

(4) „ Kommune " is die naara wat in Frankryk deur die opkomende dorpe 
aangeneem is nog voordat hulle plaaslike selfregering en politieke regte as 
„ die Derde Staat " van hul feudale oorheersers en meesters oorgeneem het. 
Oor die algemeen genome word Engeland hier as die tipiese land geneem 
waar dit die ekonomiese ontwikkeling van die bourgeoisie geld, en Frankryk 
waar dit sy politieke ontwikkeling geld. 

17 



Die bourgeoisie, waar hulle die mag verower het, het 'm 
end gemaak aan feudale, aartsvaderlike, idilliese ver- 
houdinge. Hulle het die veelkleurige feudale bande wat 
die mens aan sy natuurlike base geknoop het, onbarmhartig:. 
verskeur en geen ander band tussen mens en mens laat 
oorbly nie as suiwere eiebelang en ongevoelige „ kontante 
betaling ". Hulle het die heilige ontroering van die vrome 
dweepsug, van die ridderlike besieling, van Filistynse 
sentimentaliteit in die yskoue water van selfsugtige 
berekening verdrink. Hulle het persoonlike waarde verlaag 
tot die peil van ruilwaarde en in die plek van die tallose 
gewaarborgde swaargewonne vryhede een gewetenlose 
vryheid gestel — die Vrye Handel. Hulle het, in een 
woord, in die plek van 'n uitbuiting wat met godsdienstige 
en politieke illusies omhul was 'n openlike, onbeskaamde y 
direkte, wrede uitbuiting gestel. 

Die bourgeoisie het alle bedrywighede wat vroeer geeerd' 
en met eerbiedige skroom beskou was van hulle heilige 
skyn beroof. Hulle het die geneesheer, die regsgeleerde, 
die priester, die digter, die wetenskaplike hulle loonar- 
beiders gemaak. 

Die bourgeoisie het van die familie-verhouding sy 
roerend-sentimentele sluier afgeskeur en daar 'n bloot 
geldelike verhouding van gemaak. 

Die bourgeoisie het blootgele hoedat die brutale krags- 
betoon, wat die reaksie so seer in die Middeleeue bewonder 
het, sy passende aanvulling in die ergste luiheid gevind 
het. Hulle was die eerste om te wys wat die bedrywigheid 
van die mens tot stand kan bring. Hulle het heeltemal 
ander wonderwerke volbring as Egiptiese piramiede, 
Romeinse waterleidinge en Gotiese katedrale ; hulle het 
togte onderneem wat alle vorige volksverhuisings en 
kruistogte oortref het. 

Die bourgeoisie kan nie bestaan sonder om gedurig 
omwentelings teweeg te bring in die produksiemiddele en 
dus ook in die produksieverhoudinge en daarmee ook in 
alle maatskaplike verhoudinge nie. Onveranderde instand- 
houding van die ou produksiewyse was daarenteen die 
eerste lewensvoorwaarde van alle vroeere industriele 
klasse. Voortdurende omwenteling van die produksie y 
onafgebroke verstoring van alle maatskaplike toestande, 
ewige onsekerheid en agitasie onderskei die tydvak van 
die bourgeoisie van alle vorige tydvakke. Alle vaste r 
ingeroeste verhoudings, met hulle nasleep van idees en 

18 



opinies wat weens hul ouderdom eerbiedwaardig geag is, 
smelt weg; die pasgevormdes verouder voor hulle kan 
verstyf. Alles wat bestendig is en vasstaan, verdwyn; 
alles wat heilig is, word geskend, en die mens word eindelik 
gedwing om sy bestaan en sy verhouding teenoor sy mede- 
mense met nugter oe te bekyk. 

Die behoefte aan 'n steeds meer uitgebreide afsetgebied 
vir hulle produkte ja die bourgeoisie oor die hele aardbol 
heen. Oral moet hulle nes maak, hulle oral vestig, oral 
verbindinge aanknoop. 

Die bourgeoisie het deur hulle ontginning van die 
wereldmark aan die produksie en die verbruik van alle 
lande 'n kosmopolitiese stempel gegee. Hulle het, tot groot 
ergenis van reaksionere mense, die nasionale grondslag 
van die industrie van onder sy voete weggeruk. Die aloue 
nasionale nywerhede is vernietig en word nog daagliks 
vernietig. Hulle word verdring deur nuwe nywerhede, die 
invoering waarvan vir alle beskaafde volke 'n lewenskwessie 
word, deur nywerhede wat nie meer inheemse grondstowwe 
bewerk nie maar grondstowwe uit die mees afgelee streke 
geput; nywerhede die produkte waarvan nie alleen in die 
land self nie maar in alle dele van die wereld tegelyk 
verbruik word. In die plek van die ou behoeftes wat deur 
die opbrengs van die land bevredig is, kom nuwes wat vir 
hulle bevrediging die produkte van die mees verwyderde 
lande en klimaatstreke vereis. In die plek van die ou 
plaaslike en nasionale selfgenoegsaamheid en afgesloten- 
heid kom 'n alsydige verkeer, 'n alsydige afhanklikheid 
van die volke onderling. En soos met die stoflike, so ook 
met die geestelike produksie. Die geestelike voortbrengsels 
van die aparte volke word gemeengoed. Nasionale een- 
sydigheid en bekrompenheid word meer en meer onmoontlik 
en uit die verskillende nasionale en plaaslike literature 
ontstaan 'n wereldliteratuur. 

Die bourgeoisie trek, deur die snelle verbetering van 
alle produksiemiddele, deur die oneindig vergemaklikte 
verkeerswee alle volke, selfs die agterlikste, in die 
beskawing in. Die goedkoop pryse van hulle ware is die 
grof-geskut waarmee hulle alle Chinese mure plat skiet, 
waarmee hulle die hardnekkigste vreemdelingehaat van 
barbare tot oorgawe dwing. Hulle dwing alle nasies om 
die produksiewyse van die bourgeoisie oor te neem as hulle 
nie te gronde wil gaan nie ; hulle dwing hulle om die 

19 



sogenoemde beskawing by hulle in te voer, d.w.s., om 
bourgeois te word. In een woord, hulle skep vir hulle 'n 
wereld na hulle eie beeld. 

Die bourgeoisie het die platteland aan die heerskappy 
van die stad onderwerp. Hulle het enorme stede geskep, 
hulle het die getal van die stedelike teenoor die plattelandse 
bevolking in hoe graad vermeerder en dus 'n aansienlike 
deel van die bevolking aan die agterlikheid van die platte- 
landse lewe onttrek. Net soos die platteland van die stad, 
het hulle die barbaarse en half-barbaarse lande van die 
beskaafde, die boerestand-volke van die bourgeois-volke, 
die Ooste van die Weste afhanklik gemaak. 

Die bourgeoisie hou al hoe meer en meer die verbrok- 
keling van die produksiemiddele, van die eiendom en van 
die bevolking tee. Hulle het die bevolking opgehoop, die 
produksiemiddele gesentraliseer en die eiendom in 'n paar 
hande gekonsentreer. Die noodwendige gevolg hiervan was 
politieke sentralisasie. Onafhanklike, of slegs los verbonde 
provinsies met verskillende belange, wette, regerings en 
doeanestelsels is saamgevoeg tot een volk met een regering, 
een wet, een nasionale klassebelang, een toltarief. 

Die bourgeoisie het in hulle skaars honderjarige klasse- 
heerskappy meer massiewe en kolossale produksiekragte 
geskep as al die voorafgaande geslagte tesame. Onder- 
werping van die natuurkragte aan die mens, masjinerie, 
toepassing van die skeikunde op nywerheid en landbou, 
stoomvart, spoorwee, elektriese telegrawe, ganse werelddele 
ontginbaar en riviere bevaarbaar gemaak, hele bevolkinge 
as uit die grond uit getoor — watter vroeer eeu het dit selfs 
vermoed dat sulke produksiemagte in die skoot van die 
maatskaplike arbeid gesluimer het? 

Ons sien dus dat die produksie- en handelsmiddele, wat 
as grondslag vir die vorming van die bourgeoisie gedien het, 
in die feudale maatskappy voortgebring is. Op 'n sekere 
stadium van die ontwikkeling van die produksie- en han- 
delsmiddele het die omstandighede waaronder die feudale 
maatskappy geproduseer en gehandel het, die feudale 
eiendomsverhoudinge, nie meer tred gehou met die reeds 
ontwikkelde produksiemagte nie. Hulle het die produksie 
belemmer in plaas van dit te bevorder. Hulle het boeie 
geword. Hulle moes verbreek word en hulle is verbreek. 

In hulle plek het vrye wedywering gekom vergesel van 
die maatskaplike en politieke instellings wat daarby 

20 



behoort — die ekonomiese en politieke heerskappy van die 
middelklas. 

Onder ons oe vind 'n dergelike beweging plaas. Die 
bourgeois-produksie- en -handelsmiddele, die bourgeois- 
eiendomsverhoudinge, die moderne bourgeois-maatskappy 
wat sulke geweldige produksie- en handelsmiddele opgetoor 
het, is soos 'n goelaar wat die magte van die onderwereld 
wat hy opgeroep het nie meer kan beheer nie. Jare lank 
reeds is die geskiedenis van nywerheid en handel eenvoudig 
die geskiedenis van die opstand van die moderne produk- 
tiewe kragte teen die moderne produksieverhoudinge, teen 
die eiendomsverhoudinge wat die lewensvoorwaardes is van 
die bourgeoisie en van hulle heerskappy. Dit is genoeg om 
die handelskrisisse te noem wat met hulle periodieke terug- 
keer al hoe meer dringend die bestaan van die hele bour- 
geois-maatskappy bedreig. In die handelskrisisse word 'n 
groot deel nie alleen van die bestaande produkte nie maar 
ook van die reeds geskape produktiewe kragte gereeld ver- 
nietig. In die krisisse breek daar 'n maatskaplike epidemie 
uit wat in alle vroeere tye fantasties sou geskyn het— die 
epidemie van oorproduksie. Die maatskappy vind horn 
skielik teruggeplaas in 'n toestand van tydelike barbarisme ; 
dit skyn asof 'n hongersnood, 'n algemene oorlog van ver- 
woesting horn van alle lewensmiddele afgesny het; die 
Industrie, die handel skyn vernietig te wees. En waarom? 
Omdat hy te veel beskawing, te veel lewensmiddele, te veel 
industrie, te veel handel besit. Die produktiewe kragte 
waaroor hy beskik, dien nie meer om die bourgeois-eien- 
domsverhoudinge te bevorder nie; inteendeel, hulle is te 
geweldig geword vir daardie verhoudinge waardeur hulle 
nou belemmer word; en sodra hulle die belemmering oor- 
win, bring hulle die ganse bourgeois-maatskappy in wan- 
orde, bedreig hulle die bestaan van bourgeois-eiendom. 
Bourgeois maatskaplike toestande het te beperk geword om 
die rykdom wat hulle geskep het te bevat. En hoe oorwin 
die bourgeoisie die krisisse? Aan die een kant deur die 
gedwonge vernietiging van 'n massa produktiewe kragte ; 
aan die ander kant deur die verowering van nuwe markte 
of 'n grondiger uitbuiting van die ou markte. Hoe dus? 
Deur nog meer uitgebreide en erger krisisse voor te berei 
en die middele te verminder wat krisisse voorkom. 

Die wapens waarmee die bourgeoisie die feudalisme neer- 
geslaan het, is nou teen die bourgeoisie self gerig. 

21 



Maar die bourgeoisie het nie alleen die wapens gesmee 
wat horn die dood bring nie; hy het ook die manne in die 
lewe geroep wat daardie wapens sal hanteer: die moderne 
arbeider, die proletarier. 

Namate die bourgeoisie, d.w.s., die kapitaal ontwikkel, 
in dieselfde mate ontwikkel die proletariaat, die klas van 
die moderne arbeider, wat alleen so lank leef as hulie werk 
vind, en wat alleen so lank werk vind as hulle arbeid die 
kapitaal vermeerder. Die arbeider wat homself by die stuk 
moet verkoop, is koopware, soos enige ander handelsartikel 
en daarom in gelyke mate blootgestel aan al die wissel- 
vallighede van kompetisie en die skommelinge van die mark. 

Die arbeid van die proletarier het deur die uitbreiding 
van masjinerie en die verdeling van die arbeid alle self- 
standige karakter verloor en daarmee ook alle bekoring vir 
die arbeider. Hy w r ord 'n blote aanhangsel van die masjien, 
van wie alleen die eenvoudigste, die eentonigste, die mak- 
likste aangeleerde slag verlang word. Die produksiekoste 
van die arbeider is dus feitlik beperk tot die lewensmiddele 
wat hy vir sy onderhoud en die voortplanting van sy soort 
nodig het. Maar die prys van 'n handelsartikel en dus ook 
van die arbeid is gelyk aan sy produksiekoste. Namate 
die arbeid in onaangenaamheid styg, daal dus die loon. En 
w r at nog meer is, namate masjinerie en arbeidsverdeling 
toeneem, neem ook die arbeidslas toe, hetsy deur die ver- 
meerdering van die werksure, hetsy deur die vermeerdering 
van die arbeid wat binne 'n gegewe tyd gevorder word, 
versnelde spoed van die masjiene, ens. 

Die moderne Industrie het die klein werkwinkel van die 
patriargale meester verander in die groot fabriek van die 
industriele kapitalis. Massas arbeiders, in die fabriek 
saamgepak, word soos soldate georganiseer. As gewone 
industrie-soldate word hulle onder die toesig van 'n vol- 
maakte hierargie van onderoffisiere en offisiere geplaas. 
Hulle is nie alleen knegte van die bourgeois-klas, van die 
bourgeois-staat nie ; hulle word dag vir dag en uur vir uur 
tot slaaf gemaak van die masjien, van die opsigter, en 
bowenal van die indiwiduele bourgeois- fab rikant self. Hoe 
meer openlik hierdie dwingelandy verkondig dat sy doel 
profyt is, hoe meer kleingeestig, haatlik en verbitterend is 
dit. 

Hoe minder behendigheid en kragsinspanning handwerk 
vereis, met ander woorde, hoe meer die moderne industrie 

22 



ontwikkel, des te meer word die arbeid van mans vervang 
deur die van vroue en kinders. Geslags- en ouderdoms- 
verskille besit nie meer maatskaplike betekenis vir die 
arbeiderklas nie. Daar bestaan net arbeidsinstrumente wat 
na gelang van ouderdom en geslag minder of meer kos. 

As die uitbuiting van die werksman deur die fabrikant 
dan so ver gekom net dat sy loon kontant aan horn uitbetaal 
is, dan pak die ander dele van die bourgeoisie horn aan — 
die huiseienaar, die winkelier, die pandjieshouer, ens. 

Die vorige kleinmiddelklas, die kleinfabrikante, klein- 
handelaars, mense wat op 'n klein rente leef, die hand- 
werkers en boere, daal almal gestadig in die proletariaat af r 
gedeeltelik omdat hulle klein kapitaal vir die bedryf van die 
groot industrie nie voldoende is nie en in die konkurrensie 
met die groot kapitaliste verswelg word, gedeeltelik omdat 
hulle bekwaamheid weens nuwe produksiewyse waardeloos 
gemaak word. So word die proletariaat uit alle klasse van 
die bevolking aangevul. 

Die proletariaat maak verskeie stadiums van ontwikkeling 
deur. Sy stryd teen die bourgeoisie begin met sy ontstaan. 

Eers voer indiwiduele arbeiders die stryd, dan die arbei- 
ders van 'n fabriek, dan die arbeiders van een ambag in 'n 
bepaalde plek teen die indiwiduele bourgeois wat hulle reg- 
streeks uitbuit. Hulle rig hulle aanvalle nie alleen teen 
die bourgeois-produksietoestande nie, maar teen die pro- 
duksie-instrumente self ; hulle verniel ingevoerde konkurre- 
rende ware, hulle slaan masjiene stukkend, hulle steek 
fabrieke aan die brand, hulle probeer om die verdwene 
status van die Middeleeuse werksman te herwin. 

Op hierdie stadium vorm die arbeiders nog 'n onsame- 
horende massa wat oor die hele land verstrooi en deur hul 
onderlinge mededinging onderverdeel is. Kom hulle erens 
in groot groepe saam, dan is dit nog nie die gevo^g van 
hulle eie aktiewe gesamentlike optrede nie, maar die gevolg 
van die vereniging van die bourgeoisie, wat om sy eie poli- 
tieke doeleindes te bereik die hele proletariaat in beweging 
moet bring, en dit voorlopig nog kan doen. Op hierdie 
stadium bestry die proletaries dus nie hulle vyande nie, 
maar die vyande van hulle vyande, die oorblyfsels van on- 
beperkte monargie, die grondeienaars, die nie-industriele 
bourgeoisie, die kleinmiddelstand. Die hele historiese 
beweging word dus in die hande van die bourgeoisie gekon- 
sentreer; elke oorwinning wat so behaal word, is 'n oorwuv 
ning van die bourgeoisie. 

23 ... ■ . 



Maar met die ontwikkeling van die nywerheid groei die 
proletariaat nie alleen in getal nie ; dit word ook in groter 
massas saamgedring, sy krag groei en hy voel dit meer. Die 
belange, die lewenstoestande van die proletariaat word, meer 
en meer eensoortig namate die masjinerie meer en meer 
verskille tussen een soort arbeid en 'n ander uitwis en lone 
byna oral tot dieselfde lae peil laat daal. Die toenemende 
wedywer van die bourgeoisie onder mekaar en die hairlels- 
krisisse wat daaruit ontstaan, maak die loon van die arb- rider 
meer en meer onvas. Die onafgebroke verbetering van 
masjinerie — 'n verbetering wat steeds sneller ontwikkel — 
maak hulle hele bestaan al hoe meer onseker; botsings 
tussen die indiwiduele arbeider en die indiwiduele bourgeois 
neem meer en meer die karakter aan van botsings tussen 
twee klasse. Dan begin die arbeiders verenigings teen die 
bourgeoisie te vorm; hulle kom saam om hulle arbeidsloon 
te handhaaf. Hulle stig selfs permanente organisasies cm 
vir die geleentheidsopstande vooraf voorsiening te maak. 
Hier en daar breek die stryd in oproer uit. 

Nou en dan behaal die arbeiders die oorwinning, maar 
slegs tydelik. Die eintlike vrug van hulle stryd le nie op- 
gesluit in die onmiddellike gevolg nie maar in die steeds 
uitbreidende vereniging van die arbeiders. Hierdie vereni- 
ging word bevorder deur die verbeterde verkeersmiddele 
wat deur die grootindustrie geskep word en wat die arbei- 
ders van verskillende oorde in aanraking met mekaar bring. 
Dit makeer alleen verbinding om die verskillende plaaslike 
worstelinge, wat almal van dieselfde aard is, tot 'n 
nasionale, 'n klassestryd te sentraliseer. Maar elke klasse- 
stryd is 'n politieke stryd. En die vereniging, waarvoor die 
Middeleeuse burgers met hulle miserabele paaie eeue nodig 
gehad het, bring die moderne proletaries, dank sy spoor- 
wee, binne 'n paar jaar tot stand. 

Die organisasie van die arbeiders tot 'n klas en derhalwe 
tot 'n politieke party word keer op keer weer verbreek deur 
onderlinge mededinging onder die arbeiders self. Maar dit 
verrys altyd weer, sterker, vaster, magtiger. Dit dwing 
die wetlike erkenning van sekere arbeidersbelange af deur 
gebruik te maak van verdeeldhede onder die bourgeoisie. 
Op die manier is die Tien-uur-wet in Engeland verkry. 

Botsings tussen die klasse van die ou maatskappy bevor- 
der oor die algemeen die ontwikkelingsgang van die prole- 
tariaat in baie opsigte. Die bourgeoisie is in 'n voort- 

24 



durende stryd gewikkel — eers teen die aristokrasie ; later 
teen daardie dele van die bourgeoisie self wie se belange 
in stryd is met die vooruitgang van industrie ; altoos teen 
die bourgeoisie van alle vreemde lande. In al die worste- 
linge is hulle verplig om 'n beroep op die proletariaat te 
doen, om aanspraak te maak op sy hulp en horn so in die 
politieke geskil in te sleep. Hulle voorsien dus self die 
;proletariaat van hulle eie politieke en algemene opvoedings- 
■elemente, d.w.s., van wapens teen hulleself. 

Verder, soos ons reeds gesien het, word daar deur die 
vooruitgang van die industrie hele onderdele van die heer- 
sende klas in die proletariaat afgedring, of ten minste hulle 
lewenstoestande word bedreig. Ook hulle voorsien die pro- 
letariaat ryklik van opvoedingselemente. 

Eindelik, in tye wanneer die klassestryd die beslissings- 
punt nader, neem die ontbindingsproses binne die heersende 
klas, binne die hele ou maatskappy, so 'n in die oog lopende 
karakter.aan dat/n klein deel van die heersende klas horn 
daarvan losmaak en by die rewolusionere klas aansluit, die 

iklas wat die toekoms in sy hande dra. Soos vroeer dus 'n 
deel van die adel na die bourgeoisie oorgegaan het, so gaan 
nou 'n deel van die bourgeoisie na die proletariaat oor, veral 
-, n deel van die bourgeois-ideoloe wat hulle tot 'n teoretiese 
begrip van die hele historiese beweging bekwaam het. 
Van alle klasse wat vandag teenoor die bourgeoisie staan, 

ris alleen die proletariaat 'n ware rewolusionere klas. Die 
ander klasse kwyn en vergaan met die grootindustrie ; die 
proletariaat daarenteen is sy besondere voortbrengsel. 

Die laer middelklas — die kleinfabrikant, die kleinhande- 
laar, diehandwerker, die boer — hulle beveg almal die bour- 
geoisie om hulle eie bestaan as middelklas van ondergang te 
bewaar. Hulle is dus nie rewolusioner nie, maar konser- 
watief. Nog meer, hulle is reaksioner: hulle probeer om 

"die wiel wan die geskiedenis terug te draai. Is hulle rewo- 
lusioner, dan is hulle dit met die oog op hulle aanstaande 
oorgang'tot die proletariaat; hulle verdedig nie hulle teens- 
woordige hie maar hulle toekomstige belange; hulle verlaat 

i hulle eie standpunt om die van die proletariaat te aanvaar. 
Die skuim van die proletariaat (lumpen-proletariaat), 

;gevorm deur die passiewe verrotting van die laagste strata 
van die ou maatskappy, word tot 'n sekere mate deur 'n 

:proletariese rewolusie in die beweging ingesleep ; maar hulle 
hele ' lewenswyse maak dat hulle gewilliger sal wees om 

'.hulle ttot^reaksionere knoeiery te laat omkoop. 

25 



Die lewenstoestande van die ou maatskappy is tot niet in? 
die lewenstoestande van die proletariaat. Die proletarier is* 
sonder besitting ; sy verhouding teenoor vrou en kinders het: 
niks meer gemeen met die bourgeois-familieverhouding nie ; 
die moderne industriele arbeid, die moderne onderwerping* 
aan die kapitaal, in Engeland sowel as in Frankryk, in 
Amerika en ook in Duitsland, het horn van alle nasionale- 
karakter beroof. Die gereg, sedelikheidsopvattings, gods- 
diens is vir horn 'n spul bourgeois-vooroordele waaragter- 
net so'n spul bourgeois-belange versteek is. 

Alle eertydse klasse wat mag verower het, het probeer 
om hulle reeds verkree lewenstandaard te verseker deur die 
hele maatskappy aan die toestand te onderwerp waardeur 
hulle winste verkry is. Die proletariers kan alleen die 
maatskaplike produksiekragte in besit neem indien hulle- 
hulle eie vorige wyse van toeeiening afskaf en daarmee ook 
alle vorige metodes van toeeiening. Die proletariers het: 
niks van hulle eie om te bewaar en in stand te hou nie. Dit 
is hulle rol om alle vorige sekuriteite vir en versekerings- 
van private eiendom te vernietig. 

Alle vorige bewegings was bewegings van minderhede of 
in die belang van minderhede. Die proletariese bewegings 
is die selfstandige beweging van die oorgrote meerheid in 
die belang van die oorgrote meerderheid. Die proletariaat). 
die onderste stratum van die huidige maatskappy, kan hom- 
self nie ophef nie, kan nie orent kom nie behalwe as dier 
hele bowebou van strata deur die offisiele maatskappy" 
gevorm in die lug spring. 

Ofskoon nie in wese nie dog in vorm is die stryd van die 
proletariers teen die bourgeoisie vireers 'n nasionale strydJ. 
Die proletariaat van elke land moet natuurlik eers met. syr 
eie bourgeosie afreken. 

Terwyl ons die ontwikkeling van die proletariaat in bree 
trekke geskets het, het ons die min of meer bedekte burger— 
oorlog binne die bestaande maatskappy nagegaan tot op die- 
punt waar dit in 'n ope rewolusie uitbars en die proleta- 
riaat sy heerskappy bevestig deur die geweldadige omver— 
werping van die bourgeoisie. 

Alle vorige maatskappye het berus, soos ons reeds gesiem 
het, op die stryd tussen onderdrukkende en onderdrukte* 
klasse. Maar om 'n klas te kan onderdruk moet die toe- 
stande verseker word waaronder hy ten minste sy slaafse* 
bestaan kan voortsit. Die lyfeiene het horn in die tyd.vam 

26 



lyfeienskap tot lid van die stedelike gemeenskap opgewerk 
:soos die kleinburger tot bourgeois onder die juk van feudale 
.alleenheerskappy. Die moderne arbeider, daarenteen, in 
plaas van met die vooruitgang van die industrie saam voor- 
uit te kom, sink steeds dieper onder die lewenstoestande van 
:sy eie klas weg. Die arbeider word verarm, en verarming 
;groei vinniger aan as bevolking en rykdom. Hieruit blyk 
duidelik dat die bourgeoisie onbekwaam is om nog langer 
die heersende klas in die maatskappy te bly en om die 
lewenstoestande van sy klas aan die maatskappy as geldende 
Teel op te dring. Hy is onbekwaam om te regeer omdat hy 
nie in staat is om sy slawe selfs in hulle slawerny 'n bestaan 
te verseker nie, omdat hy genoodsaak is om hulle te laat 
afsak tot 'n peil waar hy hulle moet onderhou in plaas van 
deur hulle onderhou te word. Die maatskappy kan nie 
meer onder horn bestaan nie, d.w.s., sy bestaan is nie meer 
;met die van die maatskappy te vereenselwig nie. 

Die essensiele voorwaarde vir die bestaan en die heer- 
.•skappy van die bourgeoisie is die ophoping van rykdom in 
•die hande van private persone, die stigting en die vermeer- 
dering van kapitaal; die bestaans-voorwaarde van die 
kapitaal is die loonarbeid. Die loonarbeid berus uitsluitlik 
op die onderlinge mededinging onder die arbeiders. Die 
vooruitgang van die industrie, waarvan die bourgeoisie die 
willose en weerlose draer is, vervang die verdeeldheid van 
die arbeiders, wat deur hul onderlinge mededinging veroor- 
xsaak is, deur hulle rewolusionere sametrekking, wat deur 
vereniging verwerf word. Met die ontwikkeling van die 
:grootindustrie word dus onder die voete van die bourgeosie 
die grondslag self weggeruk waarop hulle produseer en 
ibeslag le op die produkte. Die bourgeoisie produseer der- 
halwe bowenal hulle eie doodgrawers. Hulle ondergang en 
<die oorwinning van die proletariaat is ewe onvermydelik. 

II. 
PROLETARIES EN KOMMUNISTE. 

In watter verhouding staan die Kommuniste tot die pro- 
letariers oor die algemeen? 

Die Kommuniste maak nie 'n aparte party uit wat teen 
<-die ander arbeiderpartye gekant is nie. 

Hulle het geen belange wat verskillend is en geskeie is 
wan die belange van die proletariaat nie. 

27 



Hulle stel geen bepaalde beginsels op waarvolgens hulle- 
die proletariese beweging wil inrig nie. 

Die Kommuniste onderskei hulle van die proletariese par- 
tye slegs hierdeur: dat hulle aan die een kant in die ver- 
skillende nasionale worstelings van die proletariaat die- 
gemeenskaplike belange van die hele proletariaat, afgesien- 
van nasionaliteit, op die voorgrond bring en laat geld, en aan i 
die ander kant dat hulle in die verskillende ontwikkelings- 
stadia, wat die stryd tussen proletariaat en bourgeoisie deur- 
maak, steeds vir die belange van die gesamentlike beweging 
opkom. 

Die Kommuniste is dus prakties die mees besliste, steeds . 
verder strewende deel van die arbeiderpartye van alle-- 
lande ; teoreties is hulle die groot massa van die proletariaat: 
voor in hulle insig in die omstandighede, die rigting en die 
algemene gevolge van die proletariese beweging. 

Die onmiddellike doel van die Kommuniste is dieselfde as . 
die van alle ander proletariese partye : vorming van die 
proletariaat tot 'n klas, die val van die bourgeois-heer- 
skappy, die vero wering van die politieke mag deur die- 
proletariaat. 

Die teoretiese stellings van die Kommuniste berus geen- 
sins op idees en beginsels wat deur een of ander wereld- 
hervormer uitgevind of ontdek is nie. 

Hulle is eenvoudig 'n algemene uitdrukking van die 
werklike omstandighede van 'n bestaande klassestryd — 'n 
historiese beweging wat onder ons oe aan die gang is. Die 
afskaffing van vorige eiendomsverhoudinge is nie iets wat 
die Kommuniste uitsluitend kenmerk nie. 

Alle eiendomsverhoudinge is in die verlede aan 'n be- 
stendige historiese wisseling, 'n bestendige historiese veran- 
dering onderworpe. 

Die Franse Rewolusie byvoorbeeld het die feudale 
eiendom ten gunste van die bourgeois afgeskaf. 

Wat die Kommunisme onderskei, is nie die afskaffing" 
van eiendom oor die algemeen nie, maar die afskaffing van 
bourgeois-eiendom. 

Maar die moderne bourgeois-private eiendom is die laaste* 
en volledigste uiting van 'n metode van produksie en toe- 
eiening van produkte wat op klassestryd en die uitbuiting ; 
van een mens deur 'n ander berus. 

In die sin kan die Kommuniste hulle teoriee in een uit- 
drukking saamvat : afskaffing van die private eiendom. 

28 



Ons, Kommuniste, word verwyt dat ons eiendom wat 
persoonlik verkry is, deur die arbeid verwerf, wil afskaf — 
die eiendom wat die grondslag is van alle persoonlike vry- 
heid, werksaamheid en selfstandigheid. 

Eiendom wat swaar verkry is, deur werk bekom, self- 
verdiende eiendom. Spreek u van die eiendom van die 
kleinburger en die kleinboer, wat die bourgeois-eiendom 
vooruitgegaan het? Ons hoef dit nie af te skaf nie ; die 
ontwikkeling van die industrie het dit afgeskaf en skaf dit 
nog daagliks af. 

Of spreek u van die moderne private bourgeois-eiendom? 

Maar verskaf sy loonarbeid, die arbeid van die prole- 
taries dan miskien vir horn eiendom? Glad nie. Dit 
verskaf kapitaal, d.w.s. die soort eiendom wat die loon- 
arbeid uitbuit, wat alleen kan vermeerder onder die voor- 
waarde dat hy nuwe loonarbeid voortbring om dit opnuut 
uit te buit. Die eiendom in sy huidige vorm berus op die 
teenstrydigheid tussen kapitaal en loonarbeid. Laat ons 
albei kante van hierdie teenstrydigheid beskou. 

Om 'n kapitalis te wees beteken nie net om 'n suiwer 
persoonlike nie maar om 'n maatskaplike posisie in die 
produksie te neem. Die kapitaal is 'n gemeenskaplike 
produk en kan alleen deur die samewerking van baie lede r 
ja, op die ou end deur die samewerking van al die lede van 
die maatskappy, in beweging gebring word. 

Die kapitaal is dus nie 'n persoonlike nie, maar 'n maat- 
skaplike mag. 

Wanneer dus die kapitaal in gemeenskaplike eiendom 
omskep word wat aan al die lede van die maatskappy 
behoort, dan word persoonlike eiendom nie daardeur in 
maatskaplike eiendom omskep nie. Alleen die maatskap- 
like karakter van die eiendom verander. Hy verloor sy 
klaskarakter. 

Ons kom nou by loonarbeid. 

Die gemiddelde prys van loonarbeid is die minimum 
arbeidsloon, d.w.s. die totaal van lewensmiddele wat nodig 
is om die arbeider as arbeider aan die lewe te hou. Wat 
die arbeider dus deur sy werksaamheid vir horn toeeien^ 
is alleen genoeg om sy blote bestaan voort te sit. Ons wil 
die persoonlike toeeiening van die arbeidsprodukte vir die 
instandhouding van die onmiddellike bestaan geensins 
afskaf nie — 'n toeeiening wat geen surplus oorlaat wat mag 
oor die arbeid van andere kan gee nie. Ons wil alleen die 
ellendige aard van die toeeiening afskaf waardeur die 

29 



arbeider alleen lewe om die kapitaal te vermeerder, alleen 
in soverre leef as die belange van die regerende klas dit 
vereis. 

In die bourgeois-maatskappy is die lewende arbeid slegs 
*n middel om die voorraad opgehoopte arbeid te vermeerder. 
In die Kommunistiese maatskappy is opgehoopte arbeid 
slegs 'n middel om die bestaan van die arbeiders te verruim, 
te verryk en te bevorder. 

In die bourgeois-maatskappy dus speel die verlede baas 
oor die toekoms ; in die Kommunistiese maatskappy heers 
die toekoms oor die verlede. In die bourgeois-maatskappy 
is die kapitaal selfstandig en persoonlik terwyl die lewende 
indiwidu afhanklik en onpersoonlik is. 

En die afskaffing van hierdie toestand van sake noem die 
bourgeoisie afskaffing van persoonlikheid en vryheid! En 
met reg. Sonder twyfel word die afskaffing beoog van 
1)ourgeois-persoonlikheid, bourgeois-self standigheid en bour- 
geois-vryheid. 

Onder vryheid word verstaan onder die teenswoordige 
produksieverhoudinge die vrye handel, die vrye koop en 
verkoop. 

Maar as die handel verdwyn, verdwyn vrye handel ook. 
Die praatjies oor die vrye handel, soos al die ander vryheids- 
geklets van ons bourgeoisie, kan alleen enige betekenis he in 
teenstelling met onvrye handel, met die slaafse burgers van 
die Middeleeue, maar nie in teenstelling met die Kommu- 
nistiese afskaffing van handel, van die bourgeois-produksie- 
toestande en van die bourgeoisie self nie. 

U is vreeslik ontsteld daaroor dat ons private eiendom 
wil afskaf. Maar in u bestaande maatskappy is private 
-eiendom alreeds vir nege-tiendes van sy lede afgeskaf ; dit 
bestaan juis daardeur dat dit vir nege-tiendes nie bestaan 
nie. U verwyt ons dus dat ons 'n eiendom wil afskaf vir 
die bestaan waarvan die afwesigheid van enige eiendom vir 
'die oorgrote meerderheid van die maatskappy 'n noodwen- 
dige voorwaarde is. 

In een woord, u verwyt ons dat ons u eiendom wil afskaf. 
Juis, dit is presies wat ons wil doen. 

Van die oomblik af dat arbeid nie meer in kapitaal, geld, 
•grondrente, in kort in 'n monopoliseerbare maatskaplike 
mag omskep kan word nie, d.w.s. van die oomblik dat per- 
•soonlike eiendom nie meer in bourgeois-eiendom omgeset 
"kan word nie, van daardie oomblik af, verklaar u, verdwyn 
<iie indiwidualiteit. 

30 



U erken dus dat u onder „ die indiwidu " niemand anders* 
verstaan nie as die bourgeois, die middelklas-eienaar. Die- 
persoonlikheid sal seer seker afgeskaf word. 

Die Kommunisme ontneem niemand die mag om homself 
maatskaplike produkte toe te eien nie ; dit ontneem 'n mens 
alleen die mag om deur die toeeiening die arbeid van ander 
aan jou te onderwerp. 

Daar is teen ons aangevoer dat met die afskaffing van 
private eiendom alle werk sou ophou en 'n algemene luiheidl 
intree. Volgens hierdie bewering behoort die bourgeois- 
maatskappy lankal aan die luiheid te gronde te gegaan het,. 
want diegene wat daarin werk, win nie, en diegene wat 
daarin win, werk nie. Die hele begrip kom op hierdie 
tautologie neer: daar kan geen loonarbeid meer wees nie 
sodra daar getn kapitaal meer is nie. 

Al die besware wat teen die Kommunistiese wyse van 
toeeiening en produksie van stoflike produkte aangevoer 
word, is ook teen die toeeiening en produksie van geestelike 
produkte gebruik. Net soos vir die bourgeois die einde van 
klasse-eiendom die einde van produksie self beteken, so* 
staan die einde van klasse-kultuur vir horn gelyk met die 
einde van alle kultuur. 

Die kultuur waarvan hy die verlies betreur, beteken vir 
die oorgrote meerderheid eenvoudig opleiding om die ma- 
sjien te vervang. 

Maar moenie met ons stry solank as u die afskaffing van 
bourgeois-eiendom aan u bourgeoisopvattings van vryheid 
kultuur, reg, ens. meet nie. U idees self is voortbrengsels 
van bourgeois-produksie- en -eiendomstoestande net soos ifc 
reg alleen die wil van u klas is wat tot wet verhewe is — 'n 
wil waarvan die inhoud bepaal is deur die materiele lewens- 
toestande van u klas. 

^ Die selfstugtige voorstelling waarin u u produksie- en 
eiendomstoestande — historiese toestande wat in die loop van 
produksie kom en gaan — in ewige wette van die natuur en 
die rede verander sien, deel u met alle vorige heersende 
klasse. Wat u in die geval van die eiendom van vervange 
tye waarneem, wat u in die geval van feudale eiendom waar- 
neem, dit durf u natuurlik nie meer in die geval van bour- 
geois-eiendom waarneem nie. 

Afskaffing van die gesin. Selfs die radikaalste word 
warm oor die skandelike plan van die Kommuniste. 

Waarop berus die teenswoordige, die bourgeois-gesin r 
Op kapitaal, op private winste. In sy volledig-ontwikkelde 

31 



vorm bestaan die gesin alleen onder die bourgeoisie ; maar 
hy vind sy aanvulling in die gedwonge gesinsloosheid van 
•die proletaries en die openbare prostitusie. 

Die familie van die bourgeoisie sal natuurlik wegval 
wanneer sy aanvulling wegval, en albei sal verdwyn met 
•die verdwyning van die kapitaal. 

Verwyt u ons dat ons die uitbuiting van kinders deur 
hulle ouers wil afskaf ? Ons beken die misdaad. 

Maar, sal u se, ons skaf die innigste verhoudinge af 
wanneer ons huislike opleiding deur maatskaplike opvoeding 
vervang. 

En is u opvoeding dan nie ook deur die maatskappy 
bepaal nie, deur die maatskaplike toestande waarin u op- 
voed, deur die direkte of indirekte ingryping van die maat- 
skappy, deur middel van die skole ens., nie? Die Kom- 
muniste het die invloed van die maatskappy op die opvoed- 
ing nie ontdek nie ; hulle wil alleen sy aard verander ; hulle 
wil die opvoeding aan die invloed van die heersende klas 
ontruk. 

Die bourgeois-vroompraatjies oor familie en opvoeding, 
oor die innige verhouding tussen ouers en kinders word des 
te meer walglik hoe meer, as gevolg van die grootindustrie, 
alle familiebande onder die proletaries verskeur word en 
die kinders eenvoudig verander word in handelsartiekels en 
arbeidsinstrumente. 

Maar julle, Kommuniste, wil gemeenskap van vroue in- 
voer, skree die hele bourgeoisie in koor ons toe. 

Die bourgeois sien in sy vrou 'n blote produksie-instru- 
ment. Hy hoor dat die produksie-instrumente gemeenskap- 
lik uitgebuit sal word, en kan horn natuurlik niks anders 
voorstel as dat die lot van gemeenskaplike besit vroue ook 
sal tref nie. 

Hy besef nie dat dit juis die doel is om die status van 
vroue as blote produksie-instrumente af te skaf nie. 

Temeer, daar is niks belagliker as die skynheilige veront- 
waardiging van ons bourgeoisie oor die beweerde offisiele 
vrouegemeenskap van die Kommuniste nie. Die Kommu- 
niste hoef vrouegemeenskap nie in te voer nie ; dit het so 
te se altyd bestaan. 

Ons bourgeoisie, nie daarmee tevrede dat hulle die vroue 
en dogters van hulle proletaries tot hul beskikking het nie 
■ — om nie eens van offisiele prostitusie te praat nie — skep 
•daar die grootste behae in om mekaar se vroue wederkerig 
te verlei. 

32 



Die bourgeois-huwelik is in die werklikheid die gemeen- 
skap van getroude vroue. Hoogstens sou 'n mens die Kom- 
muniste kan verwyt dat hulle in die plaas van *n huigel- 
agtig verborge, 'n offisiele, openlike vrouegemeenskap wil 
invoer. Dit spreek origens vanself dat, met die afskaffing 
van die huidige produksietoestande, die vrouegemeenskap 
wat daaruit spruit ook sal verdwyn, d.w.s. die offisiele en 
nie-offisiele prostitusie. 

Dit word verder die Kommuniste verwyt dat hulle die 
vaderland, die nasionaliteit, wil afskaf. 

Die arbeiders het geen vaderland nie. r n Mens kan nie 
van hulle afneem wat hulle nie het nie. Daar die prole- 
tariaat in die eerste plek die politieke heerskappy moet ver- 
ower, hulleself tot nasionale klas moet verhef, self as nasie- 
moet optree, is dit self nog nasionaal, ofskoon volstrek nie 
in die bourgeois sin van die woord nie. 

Nasionale afsondering en teenstrydigheid onder volke 
onderling verdwyn reeds meer en meer met die ontwik- 
keling van die bourgeoisie, van handelsvryheid, die wereld- 
mark, gelykvormigheid van industriele produksie en die 
daarby behorende lewenstoestande. 

Die heerskappy van die proletariaat sal hulle nog meer 
laat verdwyn. Gesamentlike optrede, van die vooraan- 
staande beskaafde volke, is een van die eerste voorwaardes- 
vir die vrywording van die proletariaat. 

Namate die eksploitasie van een indiwidu deur 'n ander 
afgeskaf word, word die eksploitasie van een nasie deur 
'n ander ook afgeskaf. 

Namate die teenstrydigheid van klasse binne die volke 
w T egvai, verdwyn die onderlinge vyandskap onder volke. 

Die aanklagte teen Kommunisme wat uit die godsdiens- 
tige, filosofiese en ideologiese standpunt oor die algemeem 
gemaak w r ord, verdien nie breedvoerige weerlegging nie. 

Is diepe insig nodig om te begryp dat met die lewens- 
omstandighede van die mens, met sy maatskaplike bestaan,. 
ook sy idees, sy beskouinge en begrippe, in een woord ook 
sy bewussyn verander? 

Wat bewys die geskiedenis van idees anders as dat geeste- 
like produksie volgens materiele produksie gewysig word.. 
Die heersende idees van 'n tydperk is altyd maar die idees- 
van sy heersende klas gewees. 

'n Mens spreek van idees wat in 'n hele samelewing 'n 
omwenteling veroorsaak; daarmee spreek 'n mens alleen* 
die feit uit dat binne die ou samelewing die elemente van 'n. 

33 



nuwe gevorm word, dat die ontbinding van die ou idees 
gelyke tred hou met die ontbinding van die ou lewens- 
.omstandighede. 

Toe die wereld van die oudheid aan die ondergaan was, 
is die ou godsdienste deur die Christelike geloof oorwin. 
Toe Christelike idees in die 18de eeu vir die rasionalisme 
rgewyk het, het die feudale maatskaapy sy doodstryd met die 
destydse rewolusionere bourgeoisie gestry. Die abstrakte 
idees van vryheid van gewete en geloof het slegs getuig van 
die heerskappy van vrye kompetisie op die gebied van 
"kennis. 

„ Sekerlik," sal dit nou gese word, „ is godsdienstige, 
morele, filosofiese, politieke en regs-idees ens. in die loop van 
die historiese ontwikkeling gewysig geword. Maar die 
godsdiens, die moraliteit, die filosone, die politiek, die reg 
het by al die wisselinge steeds bly staan. 

Daar bestaan dus ewige waarhede, soos vryheid, regver- 
'digheid, ens., wat aan alle maatskaplike toestande gemeen 
is. Maar die Kommunisme skaf die ewige waarhede af, 
dit skaf die godsdiens en moraliteit af in plaas van hulle 'n 
nuwe gestale te gee; dit weerspreek dus alle voorafgaande 
-historiese ontwikkelinge." 

Waarop kom die aanklag neer? Die geskiedenis van die 
hele samelewing is tot dusver die ontwikkeling van klasse- 
teenstrydighede gewees wat in verskillende tydvakke ver- 
rskillende vorms getoon het. 

Maar watter vorm hulle ook aangeneem het, is die uit- 
"buiting van een deel van die maatskappy deur die ander 'n 
feit wat aan alle vergange eeue gemeen is. Geen wonder 
•dus dat die maatskaplike bewussyn van alle eeue, ondanks 
alle menigvuldigheid en verskeidenheid, horn in bepaalde 
..gemeenskaplike vorme beweeg, in bewussynsvorme wat 
alleen met die volkome verdwyning van klasseteenstrydig- 
iiede heeltemal tot niet gaan. 

Die Kommunistiese rewolusie is die radikaalste breuk 
met tradisionele eiendomstoestande ; geen wonder dat in sy 
ontwikkelingsgang ook tradisionele idees op die radikaalste 
wyse afgebreek word nie. 

Laat ons nou maar die bourgeois-besware teen die Kom- 
munisme laat staan. 

Ons het reeds gesien dat die eerste stap in die arbeiders- 
fewolusie die opheffing van die proletariaat tot heersende 
Idas, die verowering van die demokrasie, is. 

Die proletariaat sal sy politieke heerskappy gebruik om 

34 



die bourgeoisie bietjie vir bietjie alle kapitaal te ontneem ;. 
om alle produksie-instrumente te sentraliseer in die hande 
van die staat, d.w.s. van die proletariaat as heersende klas 
georganiseer, en die hoeveelheid produksiekragte so gou as 
moontlik te vermeerder. 

Dit kan natuurlik in die begin slegs gebeur deur despotiese 
inbreuke op eiendomsregte en op bourgeois-produksiever- 
houdinge; deur maatreels dus wat ekonomies ontoereikend 
en onhoudbaar skyn, maar wat in die loop van die beweging: 
hulleself verbystreef en as middel vir die omwenteling van 
die hele produksiewyse onvermydelik is. 

Die maatreels sal natuurlik in verskillende lande verskil- 
lend wees. 

Vir die verste gevorderde lande sal die volgende egter 
vry algemeen kan toegepas word :— - 

1. Onteiening van grondbe.sit en gebruik van die grond- 
rente vir staatsuitgawe. 

2. Swaar progressiewe belasting. 

3. Afskaffing van die erfreg. 

4. Inbeslagneming van die eiendom van alle emigrante 
en rebelle. 

5. Sentralisasie van die krediet in die hande van die 
staat deur 'n nasionale bank met staatskapitaal en uitslui- 
tende monopolie. 

6. Sentralisasie van verkeersmiddele in die hande van 
die staat. 

7. Vermeerdering van staatsfabrieke, produksie-instru- 
mente, bewerking en verbetering van grond volgens 'n 
gemeenskaplike plan. 

8. Gelyke arbeidsplig vir almal, oprigting van indus- 
triele leers, veral vir die landbou. 

9. Vereniging van nywerheid en landbou. Bevordering 
van die geleidelike afskaffing van die onderskeid tussen stad 
en platteland. 

10. Openbare en vrye onderwys vir alle kinders. Af- 
skaffing van die fabrieksarbeid van kinders in sy bestaande 
vorm. Verbinding van die opvoeding met die materiele 
produksie, ens. 

As in die loop van die ontwikkeling klasse-onderskeid 
verdwyn en alle produksie in die hande van 'n reusagtige 
vereniging van die hele volk gekonsentreer word, sal die 
openbare mag sy politieke karakter verloor. Die politieke 
mag, in sy eintlike betekenis, is die georganiseerde mag van 
een klas vir die onderdrukking van J n ander. As die pro- 

35 



\ 



letariaat in die stryd teen die bourgeoisie hulle noodwendig 
tot 'n klas verenig, deur 'n rewolusie hulle tot heersende 
iklas maak, en as heersende klas met geweld die ou produk- 
sie-verhoudinge afskaf, dan skaf hulle saam met die 
produksie-verhoudinge ook die bestaanvoorwaardes vir 
klasseteenstrydighede, vir klasse in die algemeen, af en 
•daarmee hulle eie heerskappy as klas. 

In die plek van die ou bourgeois-maatskappy met sy 
klasse en klasseteenstrydighede tree 'n gemeenskap waarin 
die vrye ontwikkeling van elkeen die voorwaarde is vir die 
wrye ontwikkeling van almal. 

III. 

SOSIALISTIESE EN KOMMUNISTIESE 

LITERATUUR. 

I. REAKSIONeRE SOSIALISME. 

a. Feudale Sosialisme. 

Die Franse en Engelse aristokrasie was as gevolg van 
liulle plek in die geskiedenis daartoe geroep om pamrlette 
teen die moderne bourgeois-maatskappy te skrywe. In die 
Franse Julie-rewolusie van 1830 en in die Engelse beweging 
vir die hervorming van die stemreg het hulle nogeens die 
neerlaag gely teen die gehate indringer. Van 'n ernstige 
politieke stryd kon daar nie meer sprake wees nie. Alleen 
die letterkundige stryd het vir hulle oorgebly. Maar ook 
■op die gebied van die literatuur het die ou leuses van die 
Restourasie (5) -tyd onmoontlik geword. Om simpatie te wek 
moes die aristokrasie skynbaar hulle belange uit die oog 
verloor en slegs in die belang van die uitgebuite arbeider- 
;klas hulle akte van beskuldiging teen die bourgeoisie for- 
muleer. So kon hulle die voldoening geniet om skimplie- 
•dere op hulle nuwe heerser te sing en horn min of meer 
rampspoedige voorspellinge in die ore te fluister. 

Op die manier het die feudalistiese sosialisme ontstaan — 
half klaaglied, half skimpskrif, half naklank uit die verlede, 
half dreigement van die toekoms, wat somtyds die bour- 
geoisie in die hart kon tref deur bittere, geestig verplette- 
rende kritiek, wat altyd belaglik was omrede 'n totale 
-onbekwaamheid om die moderne geskiedenis te begryp. 

(5) Nie die Engelse Restourasie, 1660 tot 1689, nie maar die Franse 
Restourasie, 18 14 tot 1830. 

36 



Die proletariese arme-sak het hulle as 'n vaandel in die 
hand geswaai om die volk agter hulle te kry. Maar sodra 
•■die volk hulle gevolg het, het die volk van agter af die ou 
feudale wapens gesien en met luide spotgelag weggeloop. 

Een afdeling van die Franse Legitimiste en die Jonge 
Engeland kon hierdie speletjie pragtig speel. 

Wanneer die feudaliste aantoon dat hulle wyse van 
•eksploitasie anders ingerig was as bourgeois-eksploitasie, 
-dan vergeet hulle dat hulle uitgebuit het onder heeltemal 
verskillende omstandighede, wat nou al verouderd is. Wan- 
neer hulle daarop wys dat onder hulle heerskappy die 
moderne proletariaat nie bestaan het nie, dan vergeet hulle 
dat die moderne bourgeoisie 'n noodsaaklike voortbrengsel 
van hulle maatskaplike orde was. 

Origens verberg hulle so min die reaksionere karakter 
van hulle kritiek dat hulle grootste aanklag teen die bour- 
geoise juis daarin bestaan dat onder hulle regering 'n klas 
ontwikkel wat die hele ou maatskaplike orde sal vernietig. 

Hulle verwyt die bourgeoisie nie so seer dat hulle 'n 
proletariaat in die algemeen voortgebring het nie, maar 
dat hulle 'n rewolusionere proletariaat geskep het. 

In die politieke praktyk neem hulle dus deel aan alle 
.geweldmaatreels teen die arbeiderklas, en in die gewone 
lewe is dit nie benede hulle om op te tel wat hulle kan, en 
irou, liefde en eer te verwissel vir die knibbelhandel in wol, 
beetsuiker en drank nie. (6) 

Soos die priester altyd met die leenheer hand aan hand 
.geloop het, so het die priesterlike sosialisme ook met die 
feudalistiese saamgegaan. 

Niks is makliker as om aan die Christelike askese 'n 
.sosialistiese tint j ie te gee nie. Het die Christendom dan 
ook nie teen private eiendom, teen die huwelik, teen die 
staat geywer nie? Het dit nie in plaas daarvan weldadig- 
lieid en armoede, selibaat en kastyding van die vlees, die 
Moosterlewe en die Kerk gepreek nie? Die Christelike 
sosialisme is maar die wywater waarmee die priester die 
•ergenis van die aristokraat seen. 

(6) Dit het veral betrekking op Duitsland, waar die leenhere en landadel 
groot gedeeltes van hul landgoedere op eie rekening deur rentmeesters laat 
bevverk, en bowendien fabrikante van beetsuiker en aartappel-spiritus op groot 
s?kaal is. Die meer gegoede Britse aristokrasie is totnogtoe verhewe bo so 
iets; maar ook hulle weet hoe om afnemende huurgelde aan te vul deur 
3iul name te skenk aan die stigters van aandelemaatskappye wat maar betrek- 
lik onpluis is. 

37 



i 



b. Kleinburgerlike Sosialisme. 

Die feudale aristokrasie is nie die enigste klas wat deur 
die bourgeoisie tot 'n val gebring word nie, wie se lewens- 
voorwaardes in die moderne bourgeois-maatskappy verkwyn* 
en afsterf nie. Die Middeleeuse burger en die kleinboer 
was die voorlopers van die moderne bourgeoisie. In die 
minder ontwikkelde industriele en kommersiele lande sleep- 
hierdie klasse nog 'n bestaan voort naas die opkomende 
bourgeoisie. 

In die lande waar die moderne beskawing ontwikkel het,, 
is 'n nuwe kleinburgerstand gevorm wat tussen die prole- 
tariaat en die bourgeoisie sweef en as 'n aanvullingsdeeL 
van die bourgeois-maatskappy homself steeds opnuut ver- 
vorm, wie se lede egter gedurig weens die mededinging; 
binne die proletariaat afgestoot word, ja selfs met die ont- 
wikkeling van die grootindustrie 'n tyd sien aankom wan- 
neer hulle as selfstandige deel van die moderne maatskappy 
heeltemal sal verdwyn en in die handel, in die industrie, in. 
die landbou deur opsigters en bediendes sal vervang word. 

In lande soos Frankryk, waar die boereklas baie meer as. 
die helfte van die bevolking uitmaak, was dit natuurlik dat 
skrywers wat vir die proletariaat teen die bourgeoisie opge- 
tree het, in hulle kritiek van die bourgeois-stelsel die klein- 
burgerlike en kleinboerse maatstaf sou toepas en vir die 
arbeiders vanuit die standpunt van die kleinburger party- 
trek. So is die kleinburgerlike sosialisme gevorm. Sis- 
mondi is die hoof van die letterkundige skool, nie alleen in. 
Frankryk nie maar ook in Engeland. 

Die sosialisme het op baie skerpsinnige wyse die teen- 
strydighede in die moderne produksie-toestande ontleed.. 
Dit het die huigelagtige verskonings van die ekonomiste 
blootgele. Dit het onweerlegbaar op die vernielende gevolge- 
van masjinerie en arbeidsverdeling gewys, die konsentrasie 
van kapitaal en grondbesit, oorproduksie, krisisse, die on- 
verrriydelike ondergang van die kleinburgers en boere, die- 
ellende van die proletariaat, die anargie in die produksie,. 
die skreeuende oneweredighede in die verdeling van ryk- 
dom, die industriele verwoestingsoorlog van nasies onder- 
mekaar, die wegval van die ou sedes, van die ou familie- 
verhoudinge, van die ou nasionaliteite. 

Volgens sy bepaalde inhoud egter wil die sosialisme of" 
die ou produksie- en verkeersmiddele weer herstel en daar- 
mee die ou eiendoms-verhoudinge en die ou maatskappy, of 
dit wil die moderne produksie- en verkeersmiddele in die: 

38 



raam van die ou eiendomsverhoudinge, wat hulle verb reek 
het en moet verbreek, weer met geweld opsluit. In albei 
rgevalle is dit tegelyk reaksioner en utopies. Verenigings in 
<lie industrie, patriargale bestuur op die platteland — dit is 
hulle laaste woorde. 

In sy verdere ontwikkeling het die rigting doodgeloop in 
~*n treurige ge jammer. 

c. Duitse of Ware Sosialisme. 

Die Sosialistiese en Kommunistiese literatuur van Frank- 
:ryk, wat onder die druk van 'n heersende bourgeoisie ont- 
rstaan het en die letterkundige uitdrukking van die stryd 
teen die heerskappy is, is in Duitsland ingevoer op 'n tyd 
toe die bourgeoisie net hulle stryd teen die feudale absolu- 
tisme begin het. 

Duitse filosowe, half -filosowe en letterkundiges het gretig 
*die literatuur verslind en slegs vergeet dat met die intrek 
van die geskrifte uit Frankryk die Franse lewenstoestande 
nie gelyktydig in Duitsland ingetrek het nie. Toegepas op 
Duitse toestande het die Franse literatuur alle direkte prak- 
tiese betekenis verloor en 'n suiwer letterkundige betekenis 
.aangeneem. Vir die Duitse filosowe van die agtiende eeu 
<lus was die eise van die eerste Franse rewolusie niks meer 
:nie as die eise van die „ praktiese rede " in die algemeen, 
*en die-wilsuitinge van die rewolusionere Franse bourgeoisie 
_het in hulle oe beteken die wette van die suiwer wil, van die 
wil soos dit behoort te wees, van die egte menslike wil. 

Die werk van die Duitse letterkundiges het eenvoudig 
-daarin bestaan om die nuwe Franse idees met hulle ou filo- 
;sofiese gewete te laat saamstem of liewer vanuit hulle eie 
.filosofiese standpunt Franse idees oor te neem. Die tce- 
«eiening het op dieselfde manier geskied waarop 'n vreemde 
taal in die algemeen oorgeneem word, naamlik, deur 
vertaling. 

Dit is bekend hoe die monnike manuskripte, waarop die 
klassieke werke van die ou heidense tyd geskrywe was, met 
lawwe geskiedenisse van katolieke heiliges oorgeskryf het. 
Die Duitse letterkundiges het andersom met die wereldse 
Franse literatuur te werk gegaan. Hulle het hulle filosofiese 
•onsin onder die oorspronklike Frans geskrywe. Byvoor- 
beeld, onder die Franse kritiek op geldverhoudinge het hulle 
;geskrywe : „ Vervreemding van die menslike wese " ; onder 
<lie Franse kritiek op die bourgeois staat het hulle geskrywe ; 
.,, Afskaffing van die heerskappy van die abstrakte alge- 
:mene" ens. 

39 



1 



Die inskuiwing van die 1 filosofiese gesegdes onder die* 
Franse redenering het hulle gedoop „filosofie van hande- 
ling," „ ware Sosialisme," „ Duitse wetenskap van die* 
Sosialisme," ,, filosofiese grondslag van die Sosialisme/' ens.. 

Op die manier is die Franse Sosialisties-Kommunistiese 
literatuur feitlik ontman. En daar dit in die hande van die 
Duitser die stryd van een klas teen die ander nie langer 
uitgedruk het nie, was die Duitser oortuig dat hy die 
„ Franse eensydigheid " oorwin het, dat hy in plaas van 
ware behoeftes die behoeftes van die waarheid verdedig" 
het, in plaas van die belange van die proletaries die belange 
van die menslike wese — die mensdom in die algemeen, wat 
aan geen klas behoort nie, ook nie aan die werklikheid nie r 
maar alleen aan die wasige hemel van filosofiese fantasie. 

Die Duitse Sosialisme, wat sy onbeholpe stellinge self im 
so 'n ernstige en plegtige lig beskou het en so kwaksalwer- 
agtig uitgebasuin het, het intussen sy pedantiese onskuld ! 
stadigaan verloor. 

Die stryd van die Duitse en veral die Pruisiese bour- 
geoisie teen die adel en die onbeperkte koningskap, in een* 
woord, die liberale beweging, het ernstiger geword. 

So is die „ ware " Sosialisme die verlangde geleentheid 
aangebied om teenoor die politieke beweging die sosialistiese 
eise te stel, om die tradisionele vervloeking teen die libera- 
lisms teen die verteenwoordigende bestuur, teen bourgeois- 
kompetisie, bourgeois-persvryheid, bourgeois-reg, bourgeois- 
vryheid en -gelykheid te slinger en die volksmassa te preek 
dat hulle deur die bourgeois-beweging gevaar loop om niks 
te wen nie en alles te verloor. Duitse Sosialisme het op die 
regte tyd vergeet dat die Franse kritiek, waarvan dit die 
floue weerklank was, die moderne bourgeois-maatskappy 
met die passende materiele lewenstoestande en geskikte 
regeringsvorm veronderstel het — juis die dinge waarvoor 
daar nog in Duitsland moes geveg word. 

Dit het vir die Duitse absolute regerings met hulle gevolg 
van predikante, skoolmeesters, landjonkers en burokrate 
gedien as die gewenste voelverskrikkers teen die dreigendi 
opkomende bourgeoisie. 

Dit was die soet druppel in die bitter beker van die 
sweepslae en geweerkoeels waarmee dieselfde regerings die 
Duitse arbeider-opstande gekasty het. 

Terwyl die „ ware " sosialisme dus 'n wapen in die hand 

40 



van die regerings teen die Duitse bourgeoisie was, het dit 
ook 'n regstreeks reaksionere belang verteenwoordig, die 
belang van die Duitse kleinburgerstand. In Duitsland vorm 
die kleinburgerdom, wat uit die sestiende eeu afkomstig is* 
en van die tyd af in verskillende vorms hier telkens weer 
opdaag, die eintlike maatskaplike fondament van die be- 
staande toestande. 

Sy instandhouding beteken die instandhouding van die 
bestaande Duitse toestande. Van die industriele en poli- 
tieke heerskappy van die bourgeoisie het die kleinburgerdom 
'n gewisse ondergang te vrees, aan die een kant as gevolg 
van die konsentrasie van die kapitaal, aan die ander kant 
deur die opkoms van 'n rewolusionere proletariaat. „Ware" 
Sosialisme sou albei vliee met een klap slaan. Die nuwe 
leer het soos 'n epidemie gesprei. 

Die gewaad uit die spinnerak van wysgerige bespieeling 
verwerk, met die blomme van letterkundige retorika ge- 
borduur, deurtrokke van die dou van 'n sieklike sentimen- 
taliteit, die weelderige gewaad waarin die Duitse 
Sosialiste hulle paar vel-en-been- „ewige waarhede" gehul 
het, het slegs die verkoop van hulle ware onder die 
publiek laat styg. 

En aan sy kant het die Duitse Sosialisme meer en meer 
dit as sy beroep aanvaar om die hoogdrawende verteen- 
woordiger van die kleinburgerlike filistyne te wees. Dit 
het die Duitse volk as die normale volk verkondig en die 
Duitse kleinburger as die normale mens. Aan elke laagheid 
van hierdie tipiese mens het dit so 'n verborge, hoerv 
Sosialistiese verklaring gegee dat dit die teenoorgestelde 
beteken het. Dit het selfs so ver gegaan as om direk teen 
die „ ru-vernielende " rigting van die Kommunisme op te 
tree en sy eie onpartydige verhewenheid bo alle klassestryd? 
te verkondig. Met baie min uitsonderinge behoort alle 
sogenoemde Sosialistiese en Kommunistiese geskrifte wat 
in Duitsland in omloop is tot die gebied van hierdie smerige, 
ontsenuende literatuur. 

2. KONSERWATIEWE OF BOURGEOIS-SOSIALISME. 

'n Deel van die bourgeoisie wil graag sosiale euwels ver- 
help om op die manier die voortbestaan van die bourgeois- 
maatskappy te verseker. 

Aan hierdie seksie behoort ekonomiste, filantrope, mense- 
vriende, hervormers van die toestand van die arbeidende 

41 



i 



klasse, liefdadigsorganiseerders, dierebeskermers, drank- 
afskaffers, boghervormertjies van die mees uiteenlopende 
aard. En hierdie bourgeois-sosialisme is nog al tot hele 
stelsels uitgewerk. 

As voorbeeld kan ons Proudhon se ,, Filosofie van die 
Armoede " noem. 

Die Sosialistiese bourgeois verlang die lewenstoestande 
van die moderne maatskappy sonder die stryd en gevare 
wat noodsaaklik daaruit voortkom. Hulle wil die bestaande 
maatskappy he sonder sy rewolusionere en ontbindende 
•elemente. Hulle wil die bourgeoisie sonder die proletariaat 
he. Die bourgeoisie stel vir hulle die wereld waarin hulle 
heers rtatuurlik as die beste wereld voor en die Bourgeois- 
Sosialisme werk die vertroostende voorstelling tot 'n halwe 
of *n hele stelsel uit. Waar dit die proletariaat aanspoor 
om sy stelsels te verwesenlik en die nuwe Jerusalem in te 
trek, dan verlang dit op die ou end alleen dat die proleta- 
riaat binne die huidige maatskappy bly staan maar van sy 
haatlike idees daaroor ontslae raak. 

'n Tweede minder stelselmatige, dog meer praktiese vorm 
van die Sosialisme het probeer om die arbeiderklas vir elke 
rewolusionere beweging met afkeer te vervul deur te bewys 
dat nog die een nog die ander politieke verandering, maar 
.alleen 'n verandering van materiele lewenstoestande, van 
ekonomiese verhoudinge, hulle tot voordeel kon strek. Deur 
verandering van die materiele lewenstoestande verstaan die 
Sosialisme egter glad nie die afskafring van die bourgeois- 
produksieverhoudinge nie, iets wat slegs langs die rewolu- 
sionere weg moontlik is, maar administratiewe verbeteringe 
op bodem van daardie produksieverhoudinge aangebring, 
wat dus aan die verhouding tussen kapitaal en loonarbeid 
niks sal verander nie maar op sy beste vir die bourgeoisie 
-die koste van hulle regering sal verminder en hulle adminis- 
tratiewe werk vereenvoudig. 

Die Bourgeois-Sosialisme bereik sy hoogste uiting eers 
waar dit blote retoriese beeldspraak word. 

Vrye handel, in belang van die arbeidende klas ; besker- 
:mende regte, in belang van die arbeidende klas ; gevange- 
nisse met aparte selle, in belang van die arbeidende klas — 
4it is die laaste en die enigste ernstig bedoelde woord van 
Bourgeois-Sosialisme. 

Die Sosialisme van die bourgeoisie bestaan juis in die 
bewering dat die bourgeois bourgeois is in belang van die 
.arbeidende klas. 

42 



3. KRITIES-UT0P1ESE SOSIALISME EN KOMMUNISME. 

Ons spreek nie hier van die literatuur wat in alle groot 
moderne rewolusies uiting aan die eise van die proletariaat 
gcgce het nie. (Die geskrifte van Baboeuf ens.) 

Die eerste pogings van die proletariaat in 'n tyd van 
algemene oproering, in die tydperk van die ondergang van 
die feudale maatskappy, om regstreeks hulle eie klasse- 
belange te bevorder het noodwendig misluk as gevolg van die 
ontwikkelde itoestand van die proletariaat self, sowel as van 
.afwesigheid van die materiele voorwaardes vir sy bevryd- 
ing, wat juis eers die voortbrengsel van die bourgeois-tydvak 
is. Van die rewolusionere literatuur wat die eerste 
bewegings van die proletariaat vergesel het, is die inhoud 
noodsaaklikerwys reaksioner. Dit leer 'n algemene askese 
en 'n ruwe gelykmaking. 

Die eintlike Sosialistiese en Kommunistiese stelsels, die 
stelsels van St. Simon, Fourier, Owen, ens. het te voorskyn 
gekom in die eerste ontwikkelingsperiode van die stryd 
tussen proletariaat en bourgeoisie wat ons reeds geskets het. 
(Sien „ Bourgeois en Proletariaat.") 

Die uitvinders van hierdie stelsels sien wel die botsing 
tussen die klasse sowel as die werking van die ontbindende 
•elemente in die heersende maatskappy self. Maar hulle 
vermoed aan die kant van die proletariaat geen historiese 
inisiatief nie, geen politieke beweging wat aan hulle eie is 
nie. 

Aangesien die ontwikkeling van klassestryd gelyke tred 
ihou met die ontwikkeling van die nywerheid, bied die eko- 
•nomiese toestand, soos hierdie skrywers dit vind, nog nie 
vir hulle die materiele omstandighede vir die bevryding van 
die proletariaat nie, derhalwe soek hulle na 'n nuwe sosiale 
wetenskap, na nuwe maatskaplike wette om die toestande 
te skep. 

In die plek van die maatskaplike kragte moet hul persoon- 
like vindingrykheid kom; in die plek van historiese moet 
fantastiese voorwaardes vir bevryding kom ; in die plek van 
-die stadig groeiende organisasie van die proletariaat tot 'n 
iklas, 'n organisasie van die maatskappy wat deur hierdie 
ontdekkers self bedink is. Die toekomstige wereldgeskie- 
<denis kom vir hulle voor bloot as propaganda en die prak- 
itiese vjerwesenHking van hulle sosiale planne. 

43 



Hulle is goed bewus daarvan dat hulle in hulle planne 
hoofsaaklik die belange van die arbeidende klas verteen- 
woordig — die klas wat die meeste ly. Slegs van die stand- 
punt dat hulle die klas is wat die meeste ly, bestaan die 
proletariaat vir hulle. 

Die onontwikkelde vorm van die klassestryd, asook hulle- 
eie lewensomstandighede, laat Sosialiste van hierdie aanf 
dink dat hulle ver bo alle klassestryd verhewe is. Hulle 
wil die lewensomstandighede van alle lede van die maat- 
skappy, selfs die welgesteldes, verbeter. Hulle doen dus- 
voortdurend 'n beroep op die hele maatskappy sonder onder- 
skeid, ja selfs by voorkeur op die heersende klas. 'n Mens*, 
sou hulle stelsel immers net hoef te begryp om dit as die 
allerbeste maatskappy te erken. 

Hulle verwerp dus alle politieke en veral alle rewolu- 
sionere handeling ; hulle wil hulle doel langs vreedsame weg; 
bereik en probeer deur klein proefnemings, wat natuurlik. 
misluk, en deur die mag van die voorbeeld om vir die nuwe 
maatskaplike evangelie baan te breek. 

So 'n fantastiese skildering van die toekomstige maat- 
skappy ontstaan in 'n tyd wanneer die proletariaat nog baie 
onontwikkeld is, en dus self nog hulle eie toestand en hulle 
eerste instinkmatige drang tot 'n algemene hervorming van 
die maatskappy fantasties opvat. 

Maar die Sosialistiese en Kommunistiese geskrifte bevat 
ook kritiese elemente. Hulle val al die beginsels van die 
bestaande maatskappy aan. Hulle het dus baie waardevolle 
materiaal vir die verligting van die arbeiders gelewer. Hulle 
positiewe stellinge oor die toekomstige maatskappy, b.v. die 
afskafhng van die teenstrydigheid tussen stad en platteland, 
van die familie, van persoonlike wins, van loonarbeid, die 
verkondiging van maatskaplike harmonie, die omskepping; 
van die funksie van die staat tot slegs 'n instrument vir die- 
reeling van die produksie — al hierdie stellinge druk een- 
voudig uit die verdwyning van die klasseteenstrydighede 
wat toe nog net begin ontwikkel het, wat die utopiers nog" 
net in hulle eerste vormlose onbepaaldheid geken het. Die 
stellinge self is dus nog suiwer utopies van aard. 

Die belangrikheid van krities-utopiese Sosialisme en 
Kommunisme staan in omgekeerde verhouding tot historiese 
ontwikkeling. Namate die klassestryd ontwikkel -en. vormi 
kry, verloor die fantastiese opsystaan uit die stryd, die 
fantastiese bevegting daarvan alle praktiese waarde, alle 

44 



teoretiese regverdiging. Al was die stigters van die stelsels 
-dus in baie opsigte rewolusioner, tog het hulle leerlinge 
altyd reaksionere sektes gevorm. Hulle hou vas aan die ou 
"beskouinge van hul meesters in teenstand met die historiese 
vooruitgang van die proletariaat. Hulle probeer dus kon- 
sekwent om die klassestryd te verdoof en die teenstrydig- 
hede te versag. Hulle droom nog altyd oor die verwesen- 
liking deur proefnemings van hulle maatskaplike Utopias — 
oor die stigting van afgesonderde phalansteres (7) , die stig- 
ting van „ Home Colonies/' die oprigting van 'n klein Icaria 
— 'n uitgawe in sakformaat van die Nuwe Jerusalem — en 
om al die lugkastele te bou moet hulle 'n beroep doen op die 
weldadigheid van bourgeois-harte en -geldsakke. Stadigaan 
•daal hulle af in die kategorie van die hierbogetekende reak- 
sionere of konserwatiewe Sosialiste en word nog net van 
"hulle onderskei deur 'n meer stelselmatige pedanterie, deur 
-die fanatieke bygeloof aan die wonderbaarlike werkings 
van hulle sosiale wetenskap. 

Hulle tree dus met verbittering op teen alle politieke 
beweginge van die arbeiders, wat volgens hulle alleen uit 'n 
iblinde ongeloof aan die nuwe evangelie kan voortkom. 

Die Oweniste in Engeland, die Fourieriste in Frankryk 
verset hulle in die eerste land teen die Chartiste, in die 
tweede teen die Reformistes. 

IV. 

VERHOUDING VAN DIE KOMMUNISTE TOT 
DIE VERSKILLENDE OPPOSISIEPARTYE. 

Afdeling II het die verhouding van die Kommuniste tot 
<iie reeds opgerigte arbeiderpartye duidelik gemaak, dus tot 
•die Chartiste in Engeland en die landbouhervormers in 
Noord-Amerika. 

Hulle veg om die doeleindes en belange van die arbeider- 
Iclas wat naaste by die land le te bereik, maar hulle verteen- 
woordig in die teenswoordige beweging ook die toekoms 
van die beweging. In Frankryk sluit die Kommuniste by 
•die sosialisties-demokratiese (8) party aan teen die konserwa- 

(7) Phalansteres was sosialistiese kolonies wat opgerig is volgens die plan 
van Charles Fourier; Icaria was die naam wat deur Cabet gegee is aan sy 
•Utopia en, later, aan sy Amerikaanse Kommuniste-kolonie. 

(8) Die party ^ wat destyds in die parlement verteenwoordig is deur 
Ledru-Rollin, in die letterkunde deur Louis Blanc (181 1- 1882), in die dagpers 
>deur die Reform. Die naam Sosiaal-Demokrasie dui, volgens hierdie uit- 
-vinders daarvan, 'n afdeling van die Demokratiese of Republikeinse Party 
;aan wat min of meer die kleur van Sosialisme aangeneem het. 

45 



tiewe en radikale bourgeoisie sonder om die reg op te gee 
om krities op te tree teenoor gesegdes en wanbegrippe wat 
van rewolusionere tradisies afkomstig is. 

In Switserland ondersteun hulle die radikale sonder om 
te vergeet dat die party uit teenstrydige elemente bestaan : 
deels uit demokratiese sosialiste in die Franse sin, deels uit \ 

radikale bourgeoisie. 

Onder die Pole ondersteun die Kommuniste die party 
wat 'n rewolusie in die grondbesit beskou as noodsaaklik 
vir nasionale bevryding — dieselfde party wat die Krakou- 
opstand van 1846 in die lewe geroep het. 

In Duitsland veg die Kommuniste-party, sodra die bour- 
geoisie rewolusioner optree, saam met die bourgeoisie teen 
die absolute monargie, die feudale grondbesit en die klein- s 

burgerdom. 

Hulle laat egter vir g'n oomblik na om by die arbeiders 
die helderste besef moontlik aan te kweek van die vyandige 
teenstrydigheid tussen bourgeoisie en proletariaat nie, sodat > 

die Duitse arbeiders die maatskaplike en politieke toestande 
wat die bourgeoisie met hulle heerskappy noodsaaklik moet 
invoer dadelik as soveel wapens teen die bourgeoisie kan 
keer, sodat, na die val van die reaksionere klasse in Duits- 
land, die stryd teen die bourgeoisie self onmiddellik kan 
begin. 

Die Kommuniste wy hoofsaaklik hulle aandag aan Duits- 
land omdat Duitsland op die vooraand van 'n bourgeois- 
rewolusie staan. En omdat dit die omwenteling sal teweeg- 
bring onder baie verder gevorderde toestande van Europese 
beskawing in die algemeen en met 'n baie hoer ontwikkelde 
proletariaat as die geval was in Engeland in die 17e en 
Frankryk in die 18e eeu, kan die Duitse bourgeois-rewolusie 
dus slegs die onmiddellike voorspel van 'n proletariese re- 
wolusie wees. 

In een woord, die Kommuniste ondersteun oral elke ; 

rewolusionere beweging teen die bestaande maatskaplike en ! 

politieke toestande. 

In al die bewegings stel hulle as hoofprobleem die eien- ; 

domsvraagstuk op die voorgrond, watter meer of minder 
ontwikkelde vorm dit ook mag aangeneem het. 

Die Kommuniste beywer hulle ten slotte oral vir vere- 
niging van en 'n gdeie verstandhouding tussen die demok- 
ratiese partye van alle lande. ? 

46 1 



Die Kommuniste ag dit benede hulle om hulle idees en 
bedoelings weg te steek. Hulle verklaar openlik dat hulle 
hulle doel alleen kan bereik deur die hele geweldadige om- 
verwerping van alle bestaande maatskaplike toestande. 
Laat die heersende klasse vir 'n Kommunistiese rewolusie 
sidder. Die proletaries het niks om te verloor nie, net 
hulle kettings. Hulle het 'n wereld om te wen. 

Werkers van die wereld, span saam! 

BYVOEGSEL. 

VOORWOORD TOT DIE DUITSE UITGAWE VAN 1872. 

Die Kommuniste-bond, 'n internasionale vereniging van 
werkers, wat in die tyd weens die hersende omstandighede 
alleen as 'n geheime organisasie kon bestaan, het aan ons,. 
die ondergetekendes, op die Kongres wat in November 
1847 in Londen gehou is, opdrag gegee om vir publikasie 
'n teoretiese en praktiese program in alle besonderhede van 
die Party op te stel. Op die manier het die Manifes wat 
hier volg, ontstaan ; die manuskrip is *n paar weke voor die- 
Februarie-rewolusie na Londen gestuur om gedruk te word. 
Dit is eerste uitgegee in Duits en daarna in daardie taal 
herdruk in Duitsland, Engeland en Amerika in ten minste 
twaalf aparte uitgawes. In Engels is dit vir die eerste keer 
in 1850 in die Red Republic, Londen r uitgegee, vertaal deur 
mej. Helen Macfarlane, en in 1871 in ten minste drie aparte 
vertalings in Amerika. Die Franse uitgawe het vir die 
eerste keer in Parys verskyn kort voor die Junie-opstand 
van 1848, en onlatigs in Le Socialiste van New York. Daar 
word op die oomblik gewerk aan 'n nuwe vertaling. 'm 
Poolse uitgawe het in Londen die lig gesien kort nadat dit 
vir die eerste keer in Duits uitgegee is. In die sestiger jare 
het daar in Geneve 'n Russiese vertaling verskyn. Ook in- 
die Deense taal is dit kort na die eerste verskyning oorgesit.. 

Hoe seer die toestand van sake? ook al in die loop van die 
afgelope 25 jaar verander het, die algemene beginsels soos 
vasgele in hierdie Manifes is, oor die algemeen genome, 
vandag nog net so geldig as ooit tevore. Hier en daar mag 
daar 'n detail wees waarop verbeter kan word. Die prak- 
tiese toepassing van die beginsels sal orals en ten alle tye, 
soos die Manifes self verklaar, afhanklik wees van die his- 
toriese omstandighede wat op die oomblik heers, en om die 
rede word daar geen spesiale klem gele op die rewolusionere 
maatreels wat aan die end van Afdeling II aan die hand 

47 



gegee word nie. Daardie gedeelte sou in baie opsigte van- 
dag baie anders opgestel word. Met die oog op die reusag- 
tige vooruitgang in die moderne nywerheid sedert 1848, en 
op die verbeterde en uitgebreide organisasie van die arbei- 
dende klas wat dit vergesel het, met die oog op die praktiese 
ondervinding wat opgedoen is, eers tydens die Februarie- ^ 

rewolusie, en toe, tot nog groter mate, in die Paryse Kom- 
mune, waar die proletariaat vir die eerste keer vir twee 
hele maande die politieke mag in hande gehad het, het 
hierdie program in enige besonderhede verouderd geraak. 
Veral een ding is deur die Kommune bewys, naamlik dat 
.„ die werkende klas nie sommer die klaargemaakte staats- 
masjinerie in hande kan neem en dit tot sy eie doeleindes 
aanwend nie." (Vergelyk Die Burgeroorlog in Frankryk; 
Rede gehou deur die Algemene Raad van die Internasionah 
Arbeidersvereniging, 1871, waar verder op hierdie punt 
ingegaan is.) Verder is dit vanselfsprekend duidelik dat 
•die kritiek op Sosialistiese letterkunde ontoereikend is in 
soverre dit die huidige tyd geld, omdat dit ons alleen tot 
1847 voer ; ook dat die aanmerkings oor die verhouding van '■ 

die Kommuniste tot die verskillende partye (Af deling IV), 
alhoewel dit in beginsel nog juis is, tog in die praktyk 
verouderd is, omdat die politieke posisie geheel en al veran- 
derd is en die loop van die geskiedenis die grootste gedeelte 
van die politieke partye wat daarin genoem word van die 
aarde weggevee het. 

Maar, die Manifes het 'n historiese dokument geword 
wat ons nie die reg meer het om verandering in aan te bring 
nie. 'n Latere herdruk mag moontlik verskyn met 'n in- 
leiding wat die kloof tussen 1847 en die hede oorbrug ; maar 
liierdie huidige herdruk is te skielik aan ons opgedra om 
ons die tyd te laat om sodanige inleiding te skrywe. 

Karl Marx. Frederick Engels. 

iLonden, 24 Junie 1872. 

7 j j 



48